Verified Reviews
Boland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Boland
Rated 4.6 out of 5 based on 3550 reviews.
"Skoonste dorpie wat ek in 'n lang tyd gesien het, sal wat wil gee om daar te bly! Een woord: PRAGTIG!"
"Al die mense wat ons in Tulbagh raakgeloop het was so vriendelik en behulpsaam! Dis 'n wonderlike wegbreekplekkie!"
"Pragtige berge en natuurskoon en dan ook is die trambusse 'n moet. Ons was nou al op beide die rooi en blou roete gewees en het dit baie geniet. Sal oor en oor wil teruggaan want Franschhoek is 'n pragtige dorpie met baie lekker eetplekke. Leopards Leap se kos en wyn is uitstekende waarde vir geld."
"Besoek die dorpie gerus en geniet die gasvryheid van die platteland. Oulike winkels en restaurante. Geleë naby al die dorpe in die omgewing soos Porterviile, Tulbagh, Piketberg ens."
"Paarl is 'n baie mooi dorp en die omgewing ook. Ons het dit baie geniet om daar rond te ry en plekke te besoek."
"Ek is gaande oor Ceres vandat ek die eerste keer in 2010 daar was. Sedertdien was ek twee maal in die Kaap en het albei kere het ek 'n punt gemaak daarvan om in Ceres te stop. Daar is 'n oulike geskenke winkel naby die Pick 'n Pay. Ons het nogal geniet om daar deur te loop. Verder is dit net lekker om so mooi dorpie teen die berge in te neem. Vir iemand soos ek wat van vlieghengel hou, is Ceres fantasties omdat byde die Koekedoudam en Lakenvleidam in die omgewing is. Daar is ook 'n paar stroompies om forel in te vang. "
"Baie skoon, sien nie papiere of enigiets wat rondlê in Kusweg en op sypaadjies nie. So anders as vele ander dorpe en stede."