Geverifieerde Resensie
Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 4955 resensies.
"Dis gerieflik naby Kaapstad, maar nie in die gewoel van die stad. Pragtige uitsigte van Valsbaai met die berg om."
"Die seewater is so skoon en die stand is so mooi dit lyk soos iets uit 'n sprokiesboek."
"Naby aan als maar nie in die stad nie, rustige area en net 'n klipgooi van lughawe, Waterfront en stad af."
"Tuine is strategies, maar dis nie vir toeriste wat op die strand in 'n yoga posisie wil ontspan nie - kies Blouberg. Dis vir stadsbesoekers, parlementêre besoekers of besigheidsmense. Jy moet 'streetwise' wees. Ek beveel dit nie aan vir mense wat van loopringe gebruik maak, nie hul eie tas kan dra nie of glo die wêreld is 'n goeie plek nie - daar's boemelaars die hele Kompanjiestuine vol en kriminele wat op die uitkyk is vir maklike teikens. As jy besigheid het om te doen, vinnig kan loop en wakker is, sal jy lekker bly."
"Great for a peacefully stay and close to tourist destinations and easy access to transportation."
"Vishoek staar 'n afgrond in die gesig, veral die hoofstraat. Die strande word altyd netijies gehou, maar die chaos in die hoofstraat is nie wenslik nie."
"Sentraal, binne bereik van die busroetes, in 'n mooi omgewing en naby die see. "
"Sentraal geleë tussen gewilde inkopiesentrums. Naby Artscape waar ons wou wees."