Verified Reviews
Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Town
Rated 4.7 out of 5 based on 4955 reviews.
"Ek sal West Beach aanbeveel as 'n toeristebestemming. Jy het die pragtige uitsig van Tafelberg - met of sonder sy kombers, die omgewing is skoon en netjies, die eet- en kuierplekke, asook winkelsentrums is naby genoeg sonder dat jy ure in die verkeer vasgevang hoef te sit. Vir die fikse (en minder fikse) mense is daar 'n pragtige roete langs die strand af waar jy lekker kan stap/draf of jy kan net by 'n restuarant sit en "chill" en kyk hoe dit gedoen word."
"Die Strand is 'n wonderlike plek. Alles is stapafstand. Wonderlike restaurante en 'n pretige waterpark vir die kinders. Wonderlike taxidiens (Gordansbaai Taxi's) - bekostigbaar en veilig."
"Die bouwerk en verbeterings aan die seefront in Kusweg is op die oomblik ongerieflik, maar die strand self is altyd skoon en 'n besonderse ervaring."
"Strand is 'n vakansieganger se droom, Dit het lewe (lekker vibe) deur die dag, goeie plekke om snags smaakvolle etes en pret te geniet, maar tereselfdertyd het dit n lekker stil atmosfeer in die nag sodat die wat 'n bietjie wil rus dit met genot dit kan doen."
"Dalk nie die beste area in die herfs or winter nie (agv die ligging van die berge kom die son baie laat op)."
"Daar is iets vir elkeen in Houtbaai. Dit is sentraal genoeg om daar te bly en ander gebiede ook te besoek. Die Kaapse atmosfeer is sentraal in hierdie bestemming."
"Strand sal altyd een van my gunsteling vakansiebestemmings bly. Dit is veilig en 'n mens kan kilometers stap en heerlik swem."
"Glencairn is fabulous. Ons het bietjie gaan stap, heerlike restaurant en winkeltjies. Baie veilig."
"Parow is lekker sentraal in Kaapstad met maklike roetes na enige plek in die Kaap."
"Ek het in Parow grootgeword en het 'n plek naby die snelweg gesoek wat meer sentraal is, maklik bereikbaar vanaf die snelweg. Hierdie plek het vir my aan al die eienskappe voldoen. Die omgewing is stil en netjies."