Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Cape Town

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Town bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 4955 resensies.

Strand, Kaapstad

Die Strand Woonstel

"Strand self is baie interessant. Die eetplekke is nie duur nie en al die groot kettingwinkels is binne maklike stapafstand. Die Karoo Kombuis en die Belgian Waffles was ongelukkig al wat ons kon beproef, maar beide kan hoogs aanbeveel word. Ons sal graag in die toekoms as toeriste wil gaan. Mense is deur die bank vriendelik. Die stap langs die strand af so teen sononder was lieflik. Ons is gedurig vriendelik gegroet. Die volgende dag het ons amper weggewaai, wat weer 'n heel ander ondervinding was. Werklike mooi ouer huise maak stap in die strate 'n fees."

Vredehoek, Kaapstad

House Fritz

"Vredehoek is perfek as jy nog naby aan die stad wil wees, maar net ver genoeg van die gejaag. So naby aan 3 lekker restaurante, 'n parkie vir kinders en nog beter, klipgooi van die stap roetes wat die berg bied. Dis net amazing!"

Kampsbaai, Kaapstad

Camps Bay Village

"Pragtig! Wonderlike ligging, naby Tafelberg, Houtbaai, ens. Goeie restaurante."

Strand, Kaapstad

1 Tivoli

"Nuwe puik promenade vir alle doeleindes. Nuwe pretpark vir kinders. Lekker oop strand om te kan swem, speel en stap."

Drieankerbaai, Kaapstad

Green Point Self-Catering Studio

"Heerlike stil gebied. Naby verskeie toeriste aantreklikhede."

Houtbaai, Kaapstad

Bullrush Cottage

"To go out for dinner you have to know were to go, the centre is ot that cosy. For exploring the Cape, it is well situated. If you like to go for a drink in the evenings I would choose a different spot."

Plattekloof, Kaapstad

Upstairs Selfsorg Akkomodasie

"Vir ons plattelandse mense is die stad maar effe raserig, maar ons kon met gemak aan die slaap raak en het heerlik gerus snags. Die ligging is heerlik sentraal en naby aan goeie winkelsentrums en die lughawe."

Groenpunt, Kaapstad

Altona Lodge

"Walk on the sea was fine. "

Bloubergstrand, Kaapstad

602 Infinity

"Ons uitsig oor Bloubergstrand het ons sprakeloos gelaat. Sjoe! Dis te mooi vir woorde!"

Bloubergstrand, Kaapstad

Tabu House

"Beslis nie ver van die stad nie en Blouberg het pragtige strande. "

Kommetjie, Kaapstad

Storyhouse

"Buitelandse reisigers mag dit interessante vind. Ek sou dit nie as vakansie bestemming vir my familie kies nie."

Marina Da Gama, Kaapstad

Waterways

"The Marina is great but the location and approach to the Marina is not very nice."

Table View, Kaapstad

Sunny South Views

"It is an ideal location to explore Cape Town and the surrounding towns such as Muizenberg, Simonstown, Cape Point, Groot Constantia, Kirtstenbosch, Table Mountain, etc. "

Groenpunt, Kaapstad

Eaton Square 2

"Heerlike area vir stap met 'n wonderlike uitsig. Dis naby die Waterfront en vele bestemmings in Kaapstad."

Bloubergstrand, Kaapstad

Small Bay Guest House

"Een van die mooiste dorpies in die Kaap!"

Milnerton, Kaapstad

Flintstones Guest House - Cape Town

"Kan er moeilijk over oordelen, want wij waren er maar voor 1 nacht en hebben niet veel van Milnerton gezien."

Constantia, Kaapstad

Summit Place Guest House

"Die "Paris" van Suid Afrika... Uitstekende kos en wyn!"

Brackenfell, Kaapstad

Shirley's Place

"Brackenfell is stil, het 'n pragtige uitsig in die rigting van Kaapstad en dit is naby genoeg aan goeie restaurante en inkopiesentrums."

Welgelegen , Kaapstad

Hemel op Aarde

"Baie mooi en rustige area."

Vredehoek, Kaapstad

House Fritz

"Die naam Vredehoek sê alreeds dat dit 'n rustige, vreedsame hoekie teen die hange van Tafelberg is. Jy kan in vrede oor die opwindende, besige stad en baai uitkyk, sonder om bewus te wees van die geluide van die stad. Vredehoek is ideaal geleë t.o.v. belangrikste toegangsroetes na besienswaardighede en die lughawe en om die draai vanaf Gardens Winkelsentrum en restaurante."

Vierlanden, Kaapstad

De Kleine Herberg

"Stil en rustige area."

Van Riebeeckstrand, Kaapstad

Atlantic Loft

"Mooi strand en omgewing."

Bellville, Kaapstad

Ridgeworth Boutique Guesthouse

"Naby genoeg aan die stad, maar tog ver genoeg om uit die gedruis te wees. Baie goed geleë tussen Kaapstad en die Wynlande. Verblyf is goed geprys in vergelyking met die Wynlande. "

Rondebosch, Kaapstad

No. 9 Keurboom

"Het voorsien in al ons behoeftes. Pragtige area."

Blad
Blad 149 - Wys 4441 tot 4470
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang