Verified Reviews
Colesberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Colesberg
Rated 3.9 out of 5 based on 1643 reviews.
"Net gebruik gemaak as oornagplek en het dus nie verder die dorp en omgewing ontdek nie."
"Colesberg het heelwat gastehuise, maar die ander besienswaardighede is maar min."
"Dink hulle kan beter doen vir toeriste. Moet bietjie gaan kers opsteek by ander provinsies se gastehuise."
"Colesberg het baie om te bied vir oornag op 'n lang roete soos bv. verskeie akkommodasie, vanaf sakpas to duur of luuks; kos, vanaf wegneem tot vriendelike Karoo-gasvryheid en kos, verskeie handelsmerke vir petrol, en sentraal geleë. Verder veilig en voel nie bedreig nie, en geskiedkundige dorpie."
"Sou graag langer wou bly om die dorp te verken. Veral historiese besienswaardighede."
"Ons het 'n heerlike maaltyd by Die Plattelander geniet en goed geslaap op ons halfpad stop na Johannesburg."
"Dit is 'n goed geleë dorp vir oornagverblyf vir gaste wat op reis is na ander bestemming."
"Gebasseer op die mense se vriendelikheid en behulpsaamheid, is Colesberg beslis 'n moet kuier."
"Baie oulike dorpie met vreeslike mooi uitsigte. Sal dit beslis aanbeveel as 'n besoekpunt."
"Colesberg is op die N1 en onvermydelik. Dit was die middelpunt van ons reis gewees en dus die enigste rede waarom ons daar oorgeslaap het. Die dorp self het geen bekoring of aantrekking vir my gebied nie."