Verified Reviews
Colesberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Colesberg
Rated 3.9 out of 5 based on 1643 reviews.
"Beautiful! Buzzing CBD with charm and character, must go to the Plattelander!!"
"Die mooi, ou dorpie is tans gehawend en die vuil strate en besoedelde riviertjie is hartseer om te sien. Daar was egter onverwagse lekker eetplekke."
"Binne bereik van verskeie besienswaardighede in en om die dorp. Twee groot damme naby, wildplase ens. en sonder die samedromming van toeriste."
"Ons ete by die Plattelander was asemrowend. Eienaar en personeel vriendelik en die kos van bostaande gehalte hulle sien my beslis weer."
"Colesberg was die klein dorpie waarby ons verby gejaag het op pad Kaap toe. Sal nie sommer weer daar verby jaag nie. Ongelooflike dorpie met vriendelike, gasvrye kuierplekke. Heerlike ontspanne atmosfeer met heerlike Karoo lam teen redelike pryse. Ietsie vir almal op die spyskaarte."
"Oujaarsaand wat ons ook daar oorgeslaap het was dit besonder stil en aangenaam."
"Ons gebruik dit hoofsaaklik as oornagplek op pad terug na Gauteng vanaf die Kaap. Bourdeaux Restaurant is altyd aan te bevele."
"Ietwat van 'n slordige, onveilige plek met nie veel om te doen nie. Heel orraait vir 'n aandjie se verblyf, maar sal beslis Graaff-Reinet sterker aanbeveel!"
"I would like to spend a few days in Colesburg and get to know what it has to offer."
"Convenient for a stopover between Cape Town and Johannesburg, but nothing much happening there."
"Was my eerste keer wat ek die Kaap besoek het. Tien uit tien vir Colesberg. Sal volgende keer Colesberg meer verken."
"Perfekte halfpad-stop opreis na Wes-Kaap toe. Plattelander restaurant altyd 'n hoogtepunt van ons vakansie."
"Colesberg is 'n pragtige klein Karoo dorpie en ideaal vir oornag na Kaapstad of Port Elizabeth. Maar om dit as 'n toeristebestemming te beskryf is miskien 'n "stretch". Ons het aandete geniet, binne loopafstand van The Barracks, by Die Plattelander en dit was ook n baie aangename ervaring. Goeie kos, goeie wynlys en baie vriendelike en goeie diens."
"Baie vriendelike mense! Horse & Mills pub is vreeslik lekker en baie lekker kos!"
"Dorpie is maar afgemat en vuil. Sien 'n jaarlikse verswakking in voorkoms en skoonheid van die dorpie. Hartseer."