Verified Reviews
Colesberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Colesberg
Rated 3.9 out of 5 based on 1643 reviews.
"Horse and Mill is a great pub with super food! Innikraal is a great restaurant with a more modern feel and outside area."
"Wonderlike restaurant, genaamd Plattelander, met heerlike kos en vriendelike diens. hoogs aan te beveel."
"Oulike plek met baie te sien as jy die moeite doen om daardeur te stap. Netjies."
"Dit was die tweede keer dat ek in Colesberg oorgeslaap het. Ongelukkig vertoon my GPS nie die straatname nie. Met my laaste besoek het ek van my selfoon GPS gebruik gemaak, maar by gebrek aan straatnaamborde en huisnommers kan dit nogal 'n gesoek afgee."
"Baie stil en klein dorpie. Pragtige groot ou kerk. Die mense is baie vriendelik. As ek meer energie en tyd gehad het sou ek graag verder deur die dorpie wou ry."
"Ek ry nie deur Colesberg nie, ek moet net oorslaap en al die restaurante probeer!"
"Veilge en mooi baie skoon dorpie. Sal verseker weer daar oornag op pad Kaapstad toe. "
"Colesberg is 'n baie klein dorpie waar daar nie veel aangaan nie. Maar dis wel gerieflik vir oornag tussen Gauteng en die Kaap. "
"Die mooiste Kaapse dorpie met baie geskiedenis. Asook die mooiste geboue en baie vriendelike mense."
"Colesberg is 'n goeie oornagpunt op pad na die Kaap. Hier is nie veel te doen nie, maar die ou huise en kerk is 'n juweel vir die oog."
"Ken nie die dorpie nie, maar is maar verwaarloos wat ons gesien het (algemene paaie, ens). "