Geverifieerde Resensie
Eastern Free State Highlands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Free State Highlands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3570 resensies.
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Uitzicht Game Lodge"Fouriesburg is verskriklik mooi. Die slaghuis het die lekkerste biltong gehad. Die mense is vriendelik en almal is net rustig. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Mont d’Or Clarens"Baie winkeltjies en restaurante. Die Portugeuse restaurant se personeel was onvriendelik. Die ander restaurant maak of vroeg toe, of is baie besig, of jy wag vir 'n tafel en as jy een kry, wag jy vir diens en kos. Ons kon rustig deur die sakekern stap in 'n kort tydjie en al die winkels was stapafstand. Die Saterdag was daar ook vele stalletjies op die plein. Dit was duidelik wie was die besoekers/toeriste (stil en rustig), en van die mense van die dorp/omgewing. Die mense van die dorp/omgewing is die wat met klipharde musiek en oop vensters die rustige atmosfeer versteur. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Titanic View - Place of Peace"Uitstekend. 'n Plek van inspirasie."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
The Courtyard Guest House"Everyone has to put Clarens Extreme on their wishlist. "
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Sandstone Chameleon Guest House"Fouriesburg is 'n pragtige ou dorpie met een of twee oulike eetplekkies. Goeie oornagbestemming of vir 'n stil rustige naweek saam vriende en familie."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Pumula Guest Farm"Dit is ons tweede keer hierdie jaar wat ons by Fouriesburg was en ons sal beslis weer en weer gaan. Dit is beeldskoon!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Lola's Luxury Self-Catering Accommodation"Baie en lekker restaurante, interessante winkels en galerye om te sien. Die omgewing is baie mooi en skoon."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
V'Kansi Khaya"Diens bly maar 'n probleem by eetplekke. Lekker plek om te ontspan en sy natuurskoon is onbeskryflik."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
De Ark Mountain Lodge"Die dorpie as sulks is 'n kunstenaar se droom, maar die winkeltjies is net baie duur aangesien dit uitsluitlik op toerisme gemik is. Die omgewing spreek God se almag. Hierdie is 'n plek waar ek sal kan bly. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Rooikat Cottage"Dis net lekker om daar te kuier, of jy gaan om te rus, te stap, om inkopies doen, te eet of koffie te drink.....wat ook al, dis lekkerrrrr!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Talking Trees Self-Catering House"Clarens is bekoorlik tussen die berge... baie om te doen om te ontspan!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Lake Clarens Guest House"As jy dol is oor spitsverkeer in die middae, die rumoer van motoriste wat gegrief op hulle toeters lê, beswaarde uitdrukkings afgeëts op hul gelaat, en indien die monotoniese geloei van sirenes soos musiek in jou ore is en die nimmereindigende gedreun van motors vir jou emosionele voedingswaarde bied; en indien die pastorale vreedsaamheid van ’n landelike omgewing die vrede in jou gemoed ondermyn, en indien die geruis van die wind in die blare, en die potpourri van afwisselende plaasdiergeluide jou ontstel … moet jy liewers nie na Clarens kom nie. Indien die teendeel wel die geval is … verstaan ek nie waarvoor jy wag nie. Hierdie tyd van die jaar is Clarens die toonbeeld van die idilliese omgewing – sowel die dorp self as die omgewing. Ek hunker reeds daarna om terug te keer."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Affi Lande Boetiek Guest Farm & wedding venue"Een van die pragtigste omgewings in die land."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Wegkomkans B&B"Fouriesburg het, soos talle ander Vrystaatse dorpies, 'n outydse sjarme waar die mense mekaar ken en ondersteun. Dit is baie rustiger om in Fouriesburg oor te bly as in Clarens."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Cottage Pie"Clarens laat my voel of ek op 'n ander kontinent is, ontspan van dag een af."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Jovali"Clarens is 'n mooi toeristebesteming. Dit is 'n besige dorp oor naweke, maar nie te bedruk nie."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
La Bri"Would imagine a decent supermarket close by. Would be a boon (e.g. Checkers, Spar etc.)."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
V'Kansi Khaya"Heerlike ontspanning en diversiteit in die dorp. Omgewing is natuurlik beeldskoon!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Domaine Sérénité"Besoek gerus die Highlander Espresso bar vir uitstekende koffie!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Knock Out View"Dit was wonderlik om in so 'n skoon dorp met sy eie unieke karakter te kuier. Die afwesigheid van die winkels wat orals anders te siene is - die franchises en kettingwinkels - was verfrissend en sorg vir 'n groot deel van die dorp se uniekheid. Die natuurskoon is natuurlik 'n groot pluspunt! Die vriendelikheid van die mense was ook opvallend."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Jovali"Clarens is 'n oulike toeristebestemming en die feit dat jy op een plek kan parkeer en orals heen kan stap is 'n bonus. Daar is interessante winkeltjies, maar van die items is nogal duur. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Rooiland"Dit is 'n baie mooi omgewing en ook baie interessant met al die kunswinkeltjies en eetplekke. Baie beïndruk met die mooi landskap en berge."