Verified Reviews
Escape From Johannesburg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Johannesburg
Rated 4.2 out of 5 based on 5363 reviews.
Potchefstroom, Escape From Johannesburg
Biekierus Selfsorg Akkommodasie"My kinders is daar op universiteit. Ons gaan kuier gereeld. Maar dit is meer 'n studentedorpie."
Cullinan, Escape From Johannesburg
The Corner Of"Oulike dorpie om deur te loop, en iets te eet. Ons het Cullinan nie te lank gelede besoek nie, en dan is daar nie werklik weer iets om te sien nie. Wees versigtig indien jy nie oor 'n naweek daar oorbly nie. Eetplekke is baie beperk na ure. Aangesien ons op 'n vakansiedag (Donderdag) oorgebly het, het ons verwag om verskeidend plekkies te kon kies vir aandete - fout. Die strate rol vroeg-vroeg op, en ons kon byna net by Oppistasie iets gaan eet voor 18:00. Ons het wel baie lekker geëet!"
Frankfort, Escape From Johannesburg
Oakview"Ons het orals in dorp tuis gevoel, pragtige gemeenskap."
Dinokeng Game Reserve, Escape From Johannesburg
Adama Artistic Chalets & Teepees"Dinokeng should do something about the state of De Wagendrift Rd. The corrugations are extremely rough!"
Hekpoort, Escape From Johannesburg
Ekukhuleni Bushveldt Farm Cottages"I only stayed at the farm and not explored Hekpoort at all."
Parys, Escape From Johannesburg
The Place Boutique Guesthouse"As jy wil wegbreek om te rus, is Parys die plek!"
Hartbeespoort, Escape From Johannesburg
Cock & Bull"Dit is altyd lekker om te gaan. Alhoewel van die plekke se pryse meer vir die buiteland is. Ons gewone ouens kon van die plekke nie bekostig."
Potchefstroom, Escape From Johannesburg
Die Opstal Gastekamers"Ons was al paar keer by gastehuise of selfsorgeenhede in Potchefstroom. Tot dusver is daar geen klagtes oor venues wat ons besoek het nie. Infrastruktuur van die dorp is van so ’n aard dat jy vinnig by jou bestemming kan uitkom. Sommige paaie, veral in die middedorp is net heelwat ondraaglik - te veel "potholes". Dit kort opknapping. Munisipale dienste in terme van die skoonheid van die dorp behoort ook aandag te geniet."
Dinokeng Game Reserve, Escape From Johannesburg
De Kleine Serengeti Game Lodge"Naby aan die stad vir 'n vinnige wegbreek."
Hartbeespoort, Escape From Johannesburg
Lesego Guest House"Hartbeespoort is beautiful with great and many activities to do, would love to go back."
Deneysville, Escape From Johannesburg
Memories Vaaldam Guest House"Deneysville is 'n baie lekker plek om te bly, gaan moontlik daar aftree."
Dinokeng Game Reserve, Escape From Johannesburg
Abendruhe Lodge"Dinokeng het goeie selfry-roetes, skoon piekniekplekke, baie restaurante en kiosks waar versnapperings gekoop kan word. Lekker naby aan Jhb vir gereelde besoeke. Daar is heelwat verblyfopsies binne die reservaat. Sommige blyplekke is beter geleë as ander; ons verkies plekke wat verder weg is van die teerpad, om meer bosgeluide te kan beleef."
Potchefstroom, Escape From Johannesburg
Melrose Place Guest Rooms"Potchefstroom is 'n dorp waar 'n mens graag kuier."
Dinokeng Game Reserve, Escape From Johannesburg
Sunset Bush Camp"Moenie die Krugerwildtuin verwag nie. Tog het ons leeus, renosters en verskeie boksoorte gesien. Jy het verkieslik 'n voertuig met goeie grondvryhoogte nodig."
Hartbeespoort, Escape From Johannesburg
Out of Africa Lodge"Nou maar ons 2de keer daar. Leer nog watter eetplekke is lekker en gee diens en watter slaapplekke hou ons van."
Hartbeespoort, Escape From Johannesburg
Nag Apie"Ken Hartbeespoort goed. Lekker rustige en vriendelike dorp."
Dinokeng Game Reserve, Escape From Johannesburg
Halfway There Game Lodge"Sal 2 keer dink voor ek weer gaan."
Kroonstad, Escape From Johannesburg
Arcadia 4 Star Guesthouse"Die dorp het 'n samewerkende resep en verdien om "'n dorp v/d jaar kandidaat" te wees."
Magaliesburg, Escape From Johannesburg
African Hills Safari Lodge & Spa"Baie om te sien en te doen en lekker eetplekke."
Dinokeng, Escape From Johannesburg
Mangwa Valley Game Lodge & Spa"Surprisingly much game (one of each!) as we drove in the first day. Some of them in a not very good condition. Self drive rates very high."
Potchefstroom, Escape From Johannesburg
Opstal Gasteplaas"Baie netjiese dorp. Sal dit aanbeveel vir oornag."
Hartbeespoort, Escape From Johannesburg
Shangrila-Innibos Country Lodge"Clean up the dam and rid the place of mosquitoes."
Parys, Escape From Johannesburg
River View"Parys is 'n pragstuk van 'n bestemming met die fraaiste plaaslike winkels. As jy nie iets vind om jou mee besig te hou in die dorp self nie, sal jy vir seker iets in die omliggende dele kry om te doen."
Potchefstroom, Escape From Johannesburg
Hartedief Gastekamers"Scenery wise Potch is a bit of a dud in winter, but there are so many little places to visit, many little cafe's or restaurants for refreshments, etc where you can find your seat in the sun to unwind a little. I can imagine that it is beautiful from spring onwards."