Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 8037 reviews.
"Pragtig. Mooi winkeltjies. Sommiges maar duur, maar nietemin 'n skoon en netjiese dorpie met iets vir almal."
"Bloemfontein as stad is vuil en vervalle. Oral is gebarste waterpype met strome water wat in die strate wegspoel. Daar is bitter baie bedelaars en mens kry 'n algemene gevoel van onveiligheid. Die Rosestad is ongelukkig nie meer die Rosestad nie. Gelukkig is die malls nog daar, veilig en netjies met 'n groot verskeidenheid winkels."
"Al negatiewe aspek is die feit dat die Vrystaat se regering geen moeite doen om die paaie in stand te hou nie en dus is die reis na Rosendal per geleentheid baie stadig."
"Altyd 'n lekker wegbreek. Dorp se infrastruktuur word onderhou. Winkels sukkel steeds na Covid met afname in toeriste, maar is steeds mooi en die moeite werd. Die omgewing lyk goed. Golden Gate was die besonders mooi na goeie reën. Baie beperkte inkopies vir selfsorg, gaan voorbereid en geniet Vrystaatse gasvryheid in die baie mooi area."
"Definitief die moeite werd om te besoek vir mense wat in Pretoria/Johannesburg woon en uit die stad wil wegbreek en nie ver wil ry nie."
"Bloemfontein is 'n groot stad en 'n mens het tyd nodig om ondersoek in te stel na besieningswaardighede."