Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Free State

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 8037 resensies.

Clarens, Vrystaat

Clarens Lakeview Cottage

"Klara Lodge of níks! Lief vir Clarens, gaan elke maand daar rus."

Fouriesburg, Vrystaat

Oranje Guest Farm

"Baie gastehuise en gasteplase - goed geleë!"

Kroonstad, Vrystaat

Arcadia 4 Star Guesthouse

"Die paaie moet reggemaak word!"

Clarens, Vrystaat

The Clarens Country House

"Ons het ons besoek aan Clarens vreeslik geniet. Dis net jammer dat van die kleiner snuffelwinkeltjies toegemaak het en sommige plek moes maak vir meer eetplekke."

Clarens, Vrystaat

Talking Trees Self-Catering House

"Clarens is 'n ideale wegbreekbestemming vir ons Vrystaters wat ver is van al die lieflike toeristebestemmings. Dis geleë in pragtige natuurskoon en daar is genoeg bedrywighede om 'n naweek in 'n onvergeetlike ervaring te omskep wat eet, drink, koop en ervaar betref. "

Parys, Vrystaat

Devondale Guesthouse & Spa

"Interessante dorp, met talle geskenkwinkels en besonder baie winkels met oudhede om in rond te snuffel of te koop. Daar is baie verblyf opsies, vanaf gaste huise tot kampering, en ook buitemuurse aktiwiteite vir die avontuurlustiges. "

Parys, Vrystaat

Le Grand Chateau

"Ons verblyf was baie skoon en netjies. Sal graag 'n Vending Machine of een of ander manier om koeldrank en snacks of iets te ete te koop wou gehad het. Indien 'n ontbyt by die prys ingesluit was sou dit ook baie meer punte by my gekry het. Verder sal ek weer bespreek indien ek in Parys moet oorslaap."

Bethlehem, Vrystaat

Die Dorpsmeerkat

"Het begrafnis gehad by Lavender Hills net buite Bethlehem. Baie mooi plek vir onthale, ens. Pragtige kerkie en tuine."

Bothaville, Vrystaat

Villa Sering Guest House

"As mens inry by die dorp is dit maar vuil met al die rommel wat langs die pad en in die bosse lê."

Fleurdal, Vrystaat

Rest @ Blake

"Dit is by die Vrouemonument. Die middestad is ook naby."

Clarens, Vrystaat

The Clarens Country House

"Ek sien nie eintlik tekens dat daar 'n uitreikprogram is na werkloses en so nie. In Dullstroom was motorwagte wat duidelik opgelei is om jou welkom en veilig te laat voel terwyl Clarens kennisgewings ophet om betaling aan hulle te ontmoedig. 'n Mens kry die idee van 'n verdeelde gemeenskap."

Clarens, Vrystaat

Titanic View - Place of Peace

"Enige tyd sal ek die bestemming aanbeveel. Jy kan die mooiste geskenkies koop, en sommer in die aand deur die strate loop - wow!"

Clarens, Vrystaat

The Courtyard Guest House

"Volgens my die nommer 1 naweekbestemming noord van die Oranjerivier."

Clarens, Vrystaat

Lola's Luxury Self-Catering Accommodation

"Pragtige mense, heerlike kosse in verskeie eetplekke gehad. Sal graag 'n dorpskaart wil sien met aanduiding van alle winkeltjies, eetplekke, besienswaardighede in die omtrek ens. op aangedui en nie net die kunsgalerye nie. As daar so iets is sal dit goed wees om dit in Lola's te plaas vir besoekers. Great plek."

Clarens, Vrystaat

Ongeag Self Catering House

"Die dorp word beter bemark as wat ons ervaring was. Items se pryse baie buitensporig."

Clarens, Vrystaat

Zwartmodder

"Baie lekker toeriste plek en die stalletjies is natuurlik 'n fees!"

Clarens, Vrystaat

RiverWalk Guest House

"Altyd lekker. Die mense is baie vriendelik en behulpsaam."

Clarens, Vrystaat

RiverWalk Guest House

"Clarens en omgewing - Prentjiemooi!"

Clarens, Vrystaat

Kozmos

"Baie mooi en lekker plek."

Winburg, Vrystaat

Boschrand Lodge

"Daar is nie veel in Winburg om te doen nie, maar jy het niks nodig as jy by Boschrand Lodge bly nie."

Clarens, Vrystaat

Hannic's Retreat

"Pragtige Dorpie! Sal more daar gaan bly!"

Clarens, Vrystaat

Red Mountain House

"Raak elke keer duurder. Sommige van die snuisterye te koop is tipiese vlooimark produkte wat nog duurder verkoop word. Eksklusiwiteit sal die behoud van Clarens wees."

Parys, Vrystaat

À la Maison Boutique Guesthouse

"Parys is pragtig met al sy winkels en besienswaardighede . "

Clarens, Vrystaat

Highland Quarters

"Fantastiese, pragtige natuurskoon en altyd iets nuuts in die dorp."

Fouriesburg, Vrystaat

Affi Lande Boetiek Guest Farm & wedding venue

"Fouriesburg is geleë in die mooiste deel van die Vrystaat. Maak jou motor se petroltenk vol in Betlehem, nie altyd brandstof oor 'n naweek! Neem die nodigste kruideniersware ook saam, wel slaghuise en drankwinkels!"

Clarens, Vrystaat

De Lusthof Guest Farm

"Clarens is 'great'! Los die kos by die huis en vat net genoeg geld saam, ons het met al ons kos en nog meer teruggegaan huis toe. Die mense is vriendelik en die plek is rustig en veilig. Die hoogtepunt was die 'white river rafting' op die Asrivier, wat 'n avontuur saam Kallie se 'crew'."

Clarens, Vrystaat

Woodlands Retreat

"Klein dorpie met baie karakter, sal weer moet teruggaan."

Clarens, Vrystaat

Accommodation @ The Spa

"Baie lekker maar te gewild. Mense trap jou dood in die dorpie."

Blad
Blad 237 - Wys 7081 tot 7110
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang