Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 8037 reviews.
"Die dorpie as sulks is 'n kunstenaar se droom, maar die winkeltjies is net baie duur aangesien dit uitsluitlik op toerisme gemik is. Die omgewing spreek God se almag. Hierdie is 'n plek waar ek sal kan bly. "
"Die dorp is duidelik nie 'n toeristebestemming nie. Sal nie langer as twee nagte oorbly nie. Die ligging van die gastehuis is ideaal, want dit is op die N1. "
"As plattelandse mense wat hou van klein dorpies, was Philippolis vir ons wonderlik. Dit hang af waarna plaaslike en oorsese toeriste soek. Ek dink nie dis noodwendig 'n plek om vir die langtermyn oor te bly nie, maar vir 'n aand of twee is dit perfek. "
"Sal nie daar wil bly vir 'n vakansie nie, maar miskien as 'n mense blyplek soek omdat familie naby is of so iets."
"Dis net lekker om daar te kuier, of jy gaan om te rus, te stap, om inkopies doen, te eet of koffie te drink.....wat ook al, dis lekkerrrrr!"
"Clarens is bekoorlik tussen die berge... baie om te doen om te ontspan!"
"As jy dol is oor spitsverkeer in die middae, die rumoer van motoriste wat gegrief op hulle toeters lê, beswaarde uitdrukkings afgeëts op hul gelaat, en indien die monotoniese geloei van sirenes soos musiek in jou ore is en die nimmereindigende gedreun van motors vir jou emosionele voedingswaarde bied; en indien die pastorale vreedsaamheid van ’n landelike omgewing die vrede in jou gemoed ondermyn, en indien die geruis van die wind in die blare, en die potpourri van afwisselende plaasdiergeluide jou ontstel … moet jy liewers nie na Clarens kom nie. Indien die teendeel wel die geval is … verstaan ek nie waarvoor jy wag nie. Hierdie tyd van die jaar is Clarens die toonbeeld van die idilliese omgewing – sowel die dorp self as die omgewing. Ek hunker reeds daarna om terug te keer."
"Baie mooi omgewing. Het kersiefees besoek en het die sjokoladefabriek baie interessant gevind. Het ook treingery by Sandstone Estates. Kersie Padstal-middagete geniet. "
"Meer reisigers behoort deur dorpe soos Bethulie en Philippolis te ry as 'n alternatiewe roete vir die N1. Kom raak stil en geniet hierdie dorpe oor 'n koppie koffie voor jy verder reis."
"Fouriesburg het, soos talle ander Vrystaatse dorpies, 'n outydse sjarme waar die mense mekaar ken en ondersteun. Dit is baie rustiger om in Fouriesburg oor te bly as in Clarens."
"Clarens is 'n mooi toeristebesteming. Dit is 'n besige dorp oor naweke, maar nie te bedruk nie."
"Die dorp word meestal vergeet of deur reisigers onderskat weens die N1-verbypad, maar dit lyk asof daar deesdae 'n oplewing is met al hoe meer toeriste wat aftrek om te oornag."
"Dit was wonderlik om in so 'n skoon dorp met sy eie unieke karakter te kuier. Die afwesigheid van die winkels wat orals anders te siene is - die franchises en kettingwinkels - was verfrissend en sorg vir 'n groot deel van die dorp se uniekheid. Die natuurskoon is natuurlik 'n groot pluspunt! Die vriendelikheid van die mense was ook opvallend."
"Parys is al lankal op die kaart. Ek het die dorpie en sy vriendelike mense baie geniet. Die winkeltjies in die hoofstraat is 'n toeristetrekpleister en 'n vriendelike dorp wat almal welkom heet. Dié dorpie het 'n lekker kuieratmosfeer by al die eetplekke. Daar is nogal 'n ge'zoem' van energie en afwagting in die Vrystaatse dorpie. Ek sal weer gaan kuier."