Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 8037 resensies.
"Clarens is 'n oulike toeristebestemming en die feit dat jy op een plek kan parkeer en orals heen kan stap is 'n bonus. Daar is interessante winkeltjies, maar van die items is nogal duur. "
"Dit is 'n baie mooi omgewing en ook baie interessant met al die kunswinkeltjies en eetplekke. Baie beïndruk met die mooi landskap en berge."
"Vriendelike mense, lekker eetplekke en baie kuns. Lekker naby Golden Gate wat waarlik 'n belewenis is om deur te ry. En moenie vergeet om die twee draaie te ry en die diere wat in groot troppe daar in die berge bly te bewonder nie."
"Enige toeris moet Clarens ten minste een maal beleef en deur die Golden Gate Nasionale Park reis"
"Ons het deurgery na ons bestemming toe. Jare terug daar rondgery."
"Besoekers aan Parys kan gerus by Ruby's gaan eet. Baie goeie kos en diens, lekker atmosfeer en 'n mens word welkom laat voel."
"Found Parys to be a most enjoyable destination. Really enjoyed roaming through the boutiques and shops, finding quite a few good buys. Also enjoyed the restaurants and coffee shops. Although I fully understand it, one thing I found quite different, was the fact that after about 15:30 on Sunday afternoon, most of the shops and restaurants were closed, and quite a few not opening on Monday morning. We will take this into account on our next visit if we stay over on a Sunday night."
"Claren sal altyd een van my gunstelling plekke bly om te besoek. Winkeltjies te veel vir een dag en kry dit reg om jou beursie leeg te maak, al het jy nie beplan om geld uit te gee nie, kuns galerye fantasties. Restaurante heerlik. Roter Hahn Restaurant en Delhi het 'n heerlike eg-Duitse spyskaart en puik diens en lekkernye vir piekniek hou by Golden Gate. Die Clarens Bier Brouery is ook 'n moet!"
"I have an extended family there and will always use the lodge where needed. "
"Rustig en baie mooi daar, net winkels sluit te vroeg. Teen 5 uur is dorpie se winkels gesluit."