Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 8037 reviews.
"Quaint little town. Both vibrant and peaceful. Lots to do and see (before 17:30). We Ziplined at Clarens Xtreme. The children had loads of fun and the staff was helpful and friendly. Safety seems to be a high priority. We struggled to get a place to eat dinner with children as most places closed at 17:30. The variety in the supermarket is limited. Clarens Xtreme also has a lovely Ossewa camp just outside Clarens for groups or families. Lovely setting and good facilities. We took a youth group during a previous trip and had great fun! Ollie Esplin (the owner) is also very knowledgeable about the geography (stone formations, etc.) and the history of the area. Worth a trip with him. "
"Philippolis is 'n stil en rustige dorpie. Ons het laataand van die restaurant af geloop tot by die gastehuis en het veilig gevoel. Die sterrehemel was iets om te aanskou! En om vroegoggend 'n haan te hoor kraai was 'n pluspunt vir my! "
"Clarens is 'n pragtige dorp, die mense is vriendelik en pryse is oor die algemeen redelik en aanvaarbaar."
"Fantastiese eetplekke, maar die craft winkels gaan baie agteruit. Die voorraad bly al vir jare dieselfde."
"'n Opregte Vrystaatse dorpie, in 'n uitsonderlike omgewing."
"Clarens is sekerlik een van die mees idealistiese dorpies in die Oos-Vrystaat indien nie die hele Suid-Afrika nie. My vrou het haar hart verloor op die plekkie."
"'n Uitsonderlike, pragtige omgewing met interessante winkels en eetplekke loopafstand binne die dorp. Baie lekker geëet by restaurante."
"Dit is naby alles en baie gerieflik vir enige besoeker aan Bleomfontein"
"Die restaurant O's was 'n wonderlike ervaring, nie net die kos nie, maar ook die pragtige bome langs die Vaalrivier. Ons kom weer!"
"Ek het deur Kroonstad gery en wat opgeval het is die swak toestand van die teerstrate en ten spyte van die droogte lekkende pype op pad na my verblyf. My indruk van die Kroonstad mense is dat hulle vriendelik en gasvry is en ek sal graag meer tyd met 'n volgende besoek wil spandeer."
"In Clarens kan jy die pragtige natuur geniet, maar ook vir ons stadsmense is daar oulike winkels en lekker eetplekke. As jy in die natuur wil wees kan jy veilig in die berg gaan stap of as jy tussen mense wil wees kan jy in die oulike dorpie stap. "