Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 8037 resensies.
"Nie regtig tyd gehad om baie te verken nie, maar die geskiedenisboeke is vol inligting."
"Enige iets is beskikbaar in die dorpie insluitend heerlike restaurante. Baie bedrywighede ook beskikbaar vir ons mans wat nie aldag in die winkels wil rondloop nie, soos gholf speel, vlieghengel en ook "River Rafting". Besigtighede soos Golden Gate wat baie naby aan Clarens is, is iets besonders en ook staproetes vir kranige bergklimmers."
"Die eetplekke (sommige) is baie meer bekostigbaar as wat ek verwag het. Daar is soveel mooi plekke dat mens sommer net kan stap oral heen. Die atmosfeer is feestelik en ontspanne ter gelyke tyd! Ons sal verseker weer gaan!"
"Dis 'n stil, netjiese buurt. Naby genoeg aan alles wat 'n mens na-ure sal wil doen (restaurante, byvoorbeeld), sowel as oornag. "
"Parys is 'n droombestemming vir enigiemand wat uit Gauteng se besigheid wil ontsnap. Daar is so baie om te doen dat 'n naweek net nie genoeg is nie. Die besighede is volop en bied 'n groot verskeidenheid. Die dorpie is ook bekostigbaar en die mense baie vriendelik."
"Dit was ons eerste ervaring van Clarens en wow! Die mense is so behulpsaam en vriendelik. Die plekkie het so diep in my hart geklim, en ek het baie herinneringe wat ek weer saamgebring het terug huistoe."
"Lovely little town! We didn't feel there was much to do in town but if you intend to stay in and read then this is the perfect place. "
"Baie meer verwag. Buitensporig duur en diens in al die toeristewinkeltjies nie altyd goed nie. Matteplek baie goed en uitstekende waarde vir geld. "
"Oulike eetplekke soos Clementines, die Duitse Restaurant en die Brouery is 'n moet vir mense om heen te gaan."
"Ou gevestigde area met groot huise (wat mense gebou het toe daar nog geld was!) wat hulle tot gastehuise leen."
"Supermark vat nie kaart betalings & ATM was 2 dae aflyn. Alle ander shops het kaart gevat. "