Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 8037 reviews.
"Dit is 'n gewone woongebied. Wegneemkos, bankgeriewe beskikbaar minder as 'n kilometer van die gastehuis."
"Die dorp gaan maar dieselfde pad as die meeste klein plattelandse dorpies."
"Clarens is 'n pragtige dorpie tussen mooi berge. Baie om te sien en lekker eetplekke. Ons kuier gereeld daar."
"No comments, stayed one night only arrived in the dark left the next morning in the drak."
"If you like a safe place to shop and wander around between restaurants and in nature, highly recommended!"
"Ons was by 'n troue by Zuikerkop net buite Clocolan, daarom het ons hier geslaap. As jy 'n plek soek waar daar regtig niks is vir sover jy kan sien nie, dan is hierdie die ideale wegbreek plek. Ons was egter lekker verras. Die oomblik wat jy begin kyk om te kyk sien jy daar gaan baie meer aan as wat jou eerste indrukke is."
"Sorg net dat die GPS die korrekte toegangsroete tot die dorp bekom! Tyd was ook te min om regtig die dorp te verken. Dalk volgende keer langer kuier!"
"Dit is 'n heerlike plek om te kom ontspan en die pragtige natuur te geniet. Sal definitief weer teruggaan!"
"Ons het slegs oornag, so ons kan nie werklik kommentaar lewer nie. Lyk egter na 'n mooi en rustige omgewing. "
"Mal oor die plek....mens is ontspanne die oomblik as jy uit die kar of af van die motorfiets af klim...."
"Fouriesburg was 'n aangename verrassing, 'n netjiese skoon dorpie met die mooiste huise."
"Fichardt Park is ideally situated if one wants to get in and out of Bloemfontein with ease. We did not go into the suburb. "
"Langenhovenpark is 'n baie netjiese woonbuurt en ek sal dit enige tyd aanbeveel vir 'n oornaggastehuis."
"Die omgewing is ongelooflik mooi. Dit is 'n skoon wêreld en die mense is vriendelik. As jy van rustigheid en van mooi natuur hou, is dit die aangewese plek."
"Dis 'n oulike klein dorpie, met lekker kuierplekkies, naby aan al die mooi plekke en Clarens. Ons sal weer teruggaan. "
"Vir die persoon wat wil wegbreek van die gewoel van die stad bring Vrede voorwaar vrede in jou gemoed."