Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 8037 reviews.
"Netjiese en skoon dorp. Vriendelike en hulpvaardige winkelassistente. Pragtige natuurskoon."
"Clarens is 'n plekkie wat mens net moet beleef. Daar is soveel kunsgallerye en klein winkeltjies dat mens 2 tot 3 dae nodig het om alles te sien. Golden Gate naby Clarens is asemrowend mooi en 'n reis deur die Vrystaat met die rustigheid van sonneblomlande, mielielande, beeste wat rustig wei en windpompe maak die prentjiemooi plek 'n lafenis vir die siel. Net die regte medisyne vir enige iemand wat moeg word vir die lewe in die stad, en 'n bonus dat die net 3,5 ure van Johannesburg af is. "
"Clarens is lovely and clean and such a safe town, and so much to do and see. Best restaurants with such great variety to choose from. "
"Behalwe vir die slaggate in die pad is dit 'n baie mooi dorpie met mooi ou huise."
"Windmill restaurant is beslis 'n besoek werd, die kos en bediening is van uitstaande gehalte."
"Clarens is 'n baie rustige dorpie, lekker om rond te loop, kuns is fantasties. Mense is vriendelik."
"Ons was mal oor die plek, sal enige dag weer kom. Hopelik sal ons langer kan bly."
"Clarens is uniek en veral gedurende die week nie te besig nie. Daar is lekker eetplekke en baie om te besigtig en te doen in die omgewing. Naweke is dit te besig."
"As far as Clarens goes we love it. My adult children are ready to give up Jozi for a home in Clarens. The surrounding area has much to offer in the way of sightseeing, hikes and other towns to see. Absolutely beautiful."
"Ons gaan elke jaar Clarens toe vir die bierfees en geniet altyd die atmosfeer in hierdie prentjiemooi plek!"
"Gaan probeer Plaasstoep restaurant, Ginger Pig en Fouriesburg Country Inn. Uitstekende vriendelike dorp."
"Ons kuier al die afgelope 17 jaar in Clarens op 'n gereelde basis en sal aanhou om in die toekoms daar te gaan kuier en ontspan."