Geverifieerde Resensie
Great Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Great Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2639 resensies.
"Hou nie baie van Prins Albert nie, maar die area buite die dorp is vir my fantasies. Mal oor die Karoo."
"Dit is die mooiste-mooi dorpie en ek was mal daaroor! Kan nie wag om terug te gaan nie! Die Swartbergpas was absoluut uitsonderlik en asembenemend mooi! Die 'Lad-die-Dah' en 'African Relish' restaurante is ook uitstaande! Lad-die-dah is op die punt van die dorp - fantastiese kos en baie goed geprys! African Relish is duurder, maar ook uitstaande kos en diens! Ek beveel glad nie die 'Rude Chef' restaurant oorkant die Swartberg Hotel aan nie - dis baie duur vir wat jy kry, die kos was onsmaaklik, diens swak, geen atmosfeer en die wynlys was beperk (wyn was nie lekker nie, en jy mag nie jou eie wyn neem nie). As jy nog nie daar was nie - moet jy die dorpie gaan verken!"
"Die nasionale park is mooi en interressant. Dit sou beter wees saam met ouer kinders - die kleintjies raak te gou warm en onrustig."
"Trotse Karoo-dorp. Netjies en skoon. Heerlike restaurante met goeie diens en goeie kos. Beslis 'n plek om op jou "moet besoek" lysie te sit."
"Dit is 'n juweel van 'n dorpie waar mens lekker bly en eet. 'n Gerieflike oorstop op pad na Kaapstad."
"Die hoeveelheid vragmotors wat regdeur die dorp beweeg kan gevare inhou vir die inwoners. Kan daar nie 'n alternatiewe roete om die dorp oorweeg word nie?"
"Die eienaar van die Kredouw Fijnhuis het baie kennis en inligting. Mense kan met gemak na hom verwys word as hul daar besoek aflê. 'n Ete by die hotel is 'n groot pluspunt. "
"Besoek die Boekklub, Karoo Blessings vir lekker nougat en lekker kuier met Mariaan en Suzanne. Draai by die kerk wat stunning is en ry deur die hele plek. Sal beslis weer hier kom besoek. Merweville is 'n great dorp!"