Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 2639 reviews.
"Beaufort Wes is en was nog altyd my oorbly-dorpie. Ek is baie lief vir die dorpie, maar sal soos in die verlede, oornag by Wagon Wheels."
"As jy die lekkerste pizza wil koop - gaan beslis na Karushi - waar Karoo en sushi ontmoet. Watter vriendelike mense en regtig wonderlike pizzas."
"Prins Albert het soveel om te bied, uitstekende restaurante, pragtige kunsgalerye, 'n paar wyn- en olyfplase in die omgewing. 'n Besoek aan Fernkloof wynplaas (wynproe), Gay Guernsy se melkery (kaasproe) en Karoo Kombuis restaurant (Karoo-lamsboud), het ons besoek aan Prins Albert bekroon."
"Prins Albert het baie om te doen en te sien en volgende keer gaan ons beslis langer bly."
"Die algemene voorkoms van die dorp is baie netjies en skoon. Mense kom ook baie vriendelik voor. "
"Prince Albert is 'n mooi plattelandse dorpie wat goed bestuur word en 'n gemeenskap het wat baie betrokke is. 'n Verrassing by die kaasfabriek op die punt van die dorp was uitstekende boerewors!"
"'n Plek om lekker te rus en ontspan met genoeg dinge om te doen. Kies jou seisoen versigtig. Daar is 'n outydse fliek genaamd "Showroom" in art deco-styl."
"Dis jammer dat die swaarvoertuie dwarsdeur die middedorp moet ry. Dis baie besig, gevaarlik en onaangenaam."
"Na-uurse winkels nie te goed nie. Ons moes baie rondry om 'n botteltjie melk te kry."
"Moet asseblief nie by Beaufort-Wes se KFC enige kos koop nie. My vrou het voedselvergiftiging opgedoen."
"Baie ongekunsteld en platvloers. Ons ete by Bush Pub was heerlik en heel goedkoop. Die Swartbergpas is iets wat mens moet beleef. Ek het al drie keer besoek, in albei rigtings, maar ek sal dit graag weer doen."
"Het 'n "liefde" vir Prins Albert ontwikkel. Sal weer gaan kuier. Was net te laat vir die kerkbasaar."