Geverifieerde Resensie
Great Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Great Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2639 resensies.
"Dis jammer dat die swaarvoertuie dwarsdeur die middedorp moet ry. Dis baie besig, gevaarlik en onaangenaam."
"Na-uurse winkels nie te goed nie. Ons moes baie rondry om 'n botteltjie melk te kry."
"Moet asseblief nie by Beaufort-Wes se KFC enige kos koop nie. My vrou het voedselvergiftiging opgedoen."
"Baie ongekunsteld en platvloers. Ons ete by Bush Pub was heerlik en heel goedkoop. Die Swartbergpas is iets wat mens moet beleef. Ek het al drie keer besoek, in albei rigtings, maar ek sal dit graag weer doen."
"Het 'n "liefde" vir Prins Albert ontwikkel. Sal weer gaan kuier. Was net te laat vir die kerkbasaar."
"Pragtige dorp met die oulikste huisies. Ons het aandete in die Karoo Kombuis genuttig. Baie lekker kos en atmosfeer gewees. Ontbyt by die Swartberg Hotel was baie lekker. As jy 'n wegbreek kort is Prins Albert die plek vir jou."
"Een van daardie plekke wat elke keer wat ek daar is, al hoe dieper onder jou vel inkruip."
"Pragtige skoon dorp met vriendelike inwoners. Mens moet ten minste twee dae daar oorbly om die dorp regtig te waardeer. Die dorp het baie oulike blyplekke vir elke smaak!"
"Prins Albert is 'n juweel in die Karoo. Die dorp is skoon, die mense vriendelik en behulpsaam. Een van die pluspunte vir ons was die feit dat die winkels in die hoofstraat aansluit by die boustyl van die dorp, geen helder geverfde geboue om winkelname te adverteer nie!"
"Ideaal vir halfpad-stop, met 'n redelike mate van interessanthede en natuurskoon."
"Het nog altyd goeie diens en vriendelikheid ervaar in Beaufort-Wes. Lekker oornagdorp wat ingestel is op toeriste."
"Prins Albert is 'n wonderlike klein dorpie met die egte Karoo gevoel. Baie lekker wegkomkans!"