Geverifieerde Resensie
Kalahari
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kalahari bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1907 resensies.
"Vodacom se netwerk is baie swak deur die hele Kuruman. Ons het vreeslik gesukkel om selfoonsein te kry vir die meerderheid van die tyd wat ons daar was. Baie van die areas is onveilig, so maak seker besprekings vir akkommodasie word in veilige areas gemaak."
"Kuruman was altyd baie skoon en netjies, glad nie meer die geval nie. Pasop vir 4 rigting-stopstrate! "
"Dit is 'n rustige area vir tydelike akkommodasie vir enige reisiger."
"Augrabies valle. Die plek kort aandag. Vlieë- en pesbeheer is nul. Restaurant moet liewer toemaak. Dagbesoekkostes regverdig nie wat jy kry nie."
"Kuruman het deesdae ‘n hoë kriminele element. Dorp is onveilig, ‘n groot jammerte want dit is so ‘n mooi deel van ons land."
"Die Kalahari, is enige toeris, vanuit die binne- of buiteland, se droombesoek. Kom ons werk almal pro-aktief daaraan, om hierdie gedeelte van ons land te bemark, as 'n toerismebestemming en daardeur waarde toe te voeg tot die lewenskwaliteit van die streek se inwoners."
"Almal in Kathu het ons baie vriendelik ontvang en het uit hul pad gegaan om ons verblyf aangenaam te maak."
"Was heel verras dat alles groen was en nie droog soos op pad soontoe nie. Baie vriendelike mense pragtige golfbane!"
"Upington verbaas my elke keer as ek daar gaan besoek aflê. Was by die nuwe mall by Duineveld Hoërskool en die plek het my verwagtinge oortref."
"Nie wat ons verwag het nie. Dorp is vuil in vergelyking met Kathu. Kan nie eens die besienswaardighede gaan besigtig sonder waarskuwings oor moontlike kriminele aktiwiteite nie. "