Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11594 reviews.
"Maak asb. die aanbevole roete na die plek meer duidelik. Ons GPS het ons met 'n ompad deur boere se plase geneem en is die pad nie geskik vir normale voertuie nie. Met die terugkeer het ons ontdek daar is 'n beter pad wat byna heeltemal geteer is maar die afdraai is heelwat noord van Graaff Reinet."
"Was baie teleurstellend dat daar slegs 3 restaurante oop was waarvan slegs een plaaslik was. Was nietemin 'n pragtige bestemming. "
"Baie om te doen en twee dae was nie genoeg nie. Onthou om plek te bespreek vir ete by 'n restaurant - veral oor Desember. Anders kry jy nie plek om aandete te geniet nie!"
"Mooi skoon, jy kan sien die mense gee om vir hulle plekkies. Vriendelike polisie oral (akademie is op Graaff-Reinet), moet verseker die veiligste dorp in die land wees. 'n Dag in die Camdeboo Reservaat is die moeite werd."
"Tipiese Karoo - mens het baie meer tyd nodig want daar is té veel om te ontdek."
"Intieme dorpie met genoeg winkeltjies en bekostigbare goeie eetplekke. Gunsteling dorp in die Karoo. "
"Ons het dit moeilik gevind om 'n goeie eetplek in Beaufort-Wes te vind. Die beste uit die opsies wat ons sover probeer het was die Vleis Deli oorkant die Shell garage, waar mens jou eie vleis by die slaghuis kan kies en dan braai hulle dit vir jou."
"Die dorp het 'n ryk historiese erfenis met 'n hele aantal tipiese Karoo-huise wat ten alle koste bewaar moet word. Sedert ons vorige besoek in 2008 het die dorp ietwat agteruit gegaan en lyk van die ou geboue meer bouvallig. Wat het van die Teater geword en is die ou hotel nog in gebruik? Die St John the Evangelist kerk gaan agteruit en moet dringend aandag kry. Bewaar die argitektoniese erfenis en moenie toelaat dat die dorp verwaarloos word nie! "
"Baie lekker wyn by Soetkelkers, heerlike cappuccino by die hotel en 'n baie skoon dorpie. Ons derde besoek aan Prins Albert en sal dit weer doen."
"Op ons gasvrou se aanbeveling het ons by 4 Sheep gaan eet wat reg by die Caltex motorhawe is. Ons het die aandete so geniet dat ons eers weer die volgende oggend daar ontbyt gaan eet het. "
"As mense nie hul eie aandete wil voorberei nie - hulle moet weet van die Country Café, Wine Shop, Food Store and Restaurant by die Transkaroo Country Lodge in Britstown self. Dit is 'n absolute verrassing in so 'n dorpie."
"Karoo Nasionale Park is die ding om te doen. Vriendelike personeel, goed versorgde park en goeie snuisterywinkel met 'n koue bier as bonus! "