Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11594 reviews.
"Het laat in Graaff-Reinet aangekom om enige besienswaardighede te kon besoek. Die gedeelte wat ons wel kon sien het beslis aangedui dat dit 'n pragtige dorp is."
"Maak gerus 'n draai by die Vallei van Verlatenheid. Pragtige stuk natuur en mooi versorg en bewaar deur Nasionale Parke. "
"Dele van die dorp lyk vervalle. Historiese begrafplaas met grafte uit Anglo Boere oorlog in baie swak toestand. Lekker restaurante, interessante boekwinkels."
"Enige trotste Suid-Afrikaner behoort moeite te doen om ten minste een maal in sy lewe Graaff-Reinet te besoek. Dit is 'n pragtige, skoon dorp met 'n ryk geskiedenis met seker die mooiste kerk in Suid-Afrika. Dit is my derde besoek aan Graaff-Reinet en ek sal dit beslis weer besoek."
"Juweel van die Karoo! Fantastiese wyse om die nostalgie van die platteland te beleef."
"Prins Albert is 'n pragtige dorpie met allerlei interessanthede. Ons het te min tyd gehad om dit te voet te verken, en het net hier en daar ingeloer. Die Swartbergpas is 'n moet - mits jy nie haastig is of aan hoogtevrees ly nie. "
"Pragtige plek, gaan volgende keer eers 'n paar dae daar oorbly voor ons verder gaan Kaap toe. "
"Carnarvon en die Karoo is nie vir enige iemand nie. Ek hou van stilte maar ook om te kuier en lekker te gesels. In die opsig is Carnarvon en sy mense perfek. My volgende kuier gaan wees met die fokus op sterre kyk - buite die dorp is baie opstel plek met baie min lugbesoedeling."
"Maklik om te kry van hoofweg af. Stil en veilig. Kan in die veld gaan stap. Kyk skape wat wei baie rustig. Dammetjie om in af te koel. "