Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11594 reviews.
"Gariepdam is 'n unieke bestemming, jy kan daar oorbly op pad of lekker uitrus in die rustigheid van die Karoo."
"'n Goeie stilhou- en oorblyplek in 'n interessante deel van die land - dit word baie warm in die somer en kokend in hittegolftoestande."
"Pragtige dorp, 'n moet vir reisigers wat in die rigting gaan. Die hoofstraat kan dalk misleidend wees, besoek die dorp deur oor te bly en beleef al die mooi dinge."
"Fees vir die oog en hart. Pragtige natuurskoon en dorp met ouwêreldse sjarme."
"Verskriklik warm in die somer. Oulike restaurante. Regte plek vir halfpadstop tussen Johannesburg en die Kaap."
"Desembermaande gaan dit by Colesberg soos by die Betlehem van die Bybelse tyd, dit is oorvol want almal soek oornagverblyf. Dit is altyd opvallend hoe gasvry en behulpsaam die mense is."
"Die mense is almal baie vriendelik, die omgewing baie mooi en daar is heerlike eetplekke nie te ver van die dorpie af nie, bv. by Joubertina en Twee Rivieren."
"Die besoek aan die geskiedkundige NG Kerk was die hoogtepunt. Daar is georganiseerde besigtigingstoere wat mens moet meemaak. Dit is ook 'n goeie idee om vooraf bietjie oor die geskiedenis van die dorpie te lees. "
"As jy ooit deur Beaufort-Wes ry, maak gerus 'n draai by 4sheep - die beste plekkie om 'n burger te geniet en jou battery te herlaai."