Verified Reviews
Magoebaskloof
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Magoebaskloof
Rated 4.7 out of 5 based on 478 reviews.
"Magoebaskloof is 'n pragtige plek. Die weer het onverwags opgesteek Saterdag, maar die uitsig is asemrowend en daar is baie plekke om van te kies vir verblyf."
"Would love to bring my daughter, she would thoroughly enjoy all the activities!"
"Magical area with amazing forests and gardens. The end of September is the best time to go because all the cherry blossoms and azaleas are in bloom, which is a truly magical sight!"
"The Azalea festival is really worth a visit. It was far better than I had expected. "
"Dis geleë in 'n panoramiese deel van ons land. Die pad soontoe was, ten spyte van padwerke, ook goed. Die N1 en R71."
"Meeste paaie is grondpad en na die reën is dit moeilik vir lae profiel motors om by alles uit te kom. "
George's Valley, Magoebaskloof
The Herb Cottage"Baie lekker plekke en restaurante om te gaan besoek in die omgewing. Zwakala Brewery is uitstekend. Pot 'n Plow is 'n baie gesellige plekkie. Mountain Cafe is uitstekend!"
"Pragtige deel van die land. Het lekker gekuier by 'n plaaslike restaurant."
"Eerste besoek aan die interessante dorpie (village). Die mense is vriendelik, die strate is skoon, die kos is lekker. Kan 'n besoek aan die plek aanbeveel en hoop om self weer te gaan kuier."
"Oulike dorpie. Ons sou wou gehad het dat die winkeltjies net bietjie later moes oopbly, want teen 19:00 het ons agtergekom het dat ons nie melk het nie en ons kon toe nerêns koop nie. Maar die restuarante is uitstekend met ‘n uitstekende uitsig en vriendelike mense. "
"Soveel doendinge vir die natuurliefhebber. Regtig bederf met mooiste natuur tonele."
"'n Heerlike bestemming vir 'n naweek wegbreek om rustig te wees, tyd saam met gesin te spandeer, fietsry, birding, visvang, hiking ens."
"Pragtige dorpie geleë in asemrowende vallei, met verskeie aktiwiteite en restaurante! Sal sterk aan beveel!"
"Die natuur in Magoebaskloof is beeldskoon. Ons het die Debengeni Waterval besoek en die fasiliteite was goed versorg en skoon. Toeristeaktiwiteite in die omgewing was egter teleurstellend. Alhoewel al die aktiwiteite in die omgewing goed bemark is deur pamflette en op die internet, was meeste van die instansies gesluit in die laaste week van Januarie toe ons daar was. Die Wegraakbosch Plaas kon ons nie op die kaastoer neem of 'n bord van hul kase bedien nie. Sequoia Gardens en Zwakala Brouery was heeltemal gesluit sonder enige kennisgewings. Na 'n uur se ry van een instansie na die volgende op 'n moeilike grondpad het ons moed opgegee. 'n Jammerte, want ons sou graag die plaaslike toerisme wou ondersteun."
"Dit is 'n goeie bestemming as jy weg wil kom van die stad af. Die pragtige klein dorpie Haenertsburg is 'n ekstra bonus om te besoek - dit laat jou voel tyd het bietjie stil gestaan. "