Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 3739 reviews.
"Baie meer om te doen as net die dorp of winkels besoek. Gaan ry bietjie rond in die omgewing."
"Great vibe, especially for Heritage Day. So much to see and do and eat and drink!"
"Lekker kuier-dorpie met lekker eetplekke. Daar is baie mense op die dorp, veral op 'n Saterdag."
"Out of this world - however, a challenge is their local convenience store. It's one shop, Clarens is a tourist place, wishes local businessman can open another store within Clarens."
"My daughter and I absolutely love Clarens and the people. Everyone is always so friendly and helpful."
"Ons besoek Clarens gereeld, en kan ongelukkig sien dat daar nie baie vooruitgang is nie en dat pryse op items regtig buitensporig geraak het. Ook, beurtkrag eis sy tol - ongelukkig - en baie van die winkeltjies en plekke is toe gedurende beurtkrag. Dit bly egter nog een van ons gunstellingplekke om te besoek vir die natuurskoon, ligging en rustigheid."
"Pragtige klein dorpie. Mooi winkels en baie om te sien. Definitief 'n moet-gaan is die Clarens brewery, heerlike kos en waarde vir geld en gin/bier tasting. Was heerlik gewees. Dan ook Golden Gate tussendeur die berge. Asemrowend mooi."
"Oulike dorpie met baie om te doen en rond te snuffel en baie restaurante om van te kies. Ons het dit baie geniet."
"Dis mooi met oulike winkels en heerlike eetplekke. Die lekkerste eetplek waar ons vir ure kon kuier was die Kooperasie Die kos en diens was baie goed. "
"Die parkering is maar frustrerend en om elke keer die parkeerwagte te moet betaal tel op tot die uitstappie na die dorp se koste. Ons het op ou end eerder restaurante buite die dorp gaan besoek om nie te sukkel met parkering nie. Klein, simpel punt wat nie vir almal 'n probleem sal wees nie, maar tog iets om in ag te neem."
"Very friendly welcome! Thank you! We would love to come back! Very welcoming village with many more shops to explore than we managed. We would also enjoy hiking more in the area on our next stay."
"Baie vriendelike, netjiese plek met so baie om te doen, te sien en te eet. Sal dit beslis aanbeveel."
"Novelty shops have very similar items that one can tend to get bored, it needs a knock of difference. Clarens parkrun is a must or their hiking trails. Some areas need a bit of revamping. The standard stand alone supermarket in town is far below spec."
"Pragtige dorpie met heerlike eetplekkies, oulike winkeltjies en in die mooiste omgewing!"
"Clarens is baie gefokus op toerisme - vertoon netjies in die tyd van verval. Pad vanaf Bloemfontein goed."
"Dis 'n klein toeristedorpie. Wees voorbereid want die dorp maak vroeg toe. Klein winkels wat die nodige voorsien. Vat maar 'n dik beursie saam."
"Ons gaan al vir die afgelope 12 jaar, gewoonlik 2 keer per jaar, na Clarens vir 'n wegbreeknaweek. Die waarde vir geld, netheid en rustige atmosfeer maak Clarens 'n heerlike plek. Maak nie saak watter seisoen jy gaan nie, dit bly altyd lekker."
"Ek is baie beïndruk elke keer met die netheid en vriendelikheid van die dorp. Nog met elke event wat ons bygewoon het, uitmundende diens en perfekte organisasie van die events."
"Benewens die skoonheid van die omliggende berge, is die dorpie se atmosfeer en winkels vrolik en interessant."
"Fantastiese dorpie, met klomp oulike winkeltjies, restaurante en hope voetslaanroetes."