Geverifieerde Resensie
Marloth Park
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Marloth Park bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1947 resensies.
"Dit is uiters swak dat diere gevoer word in Marlothpark! Daar is konstant diere wat bedel vir kos. Daar is te veel lawaai, mens kry nie gerus nie! Toegang word nie behoorlik gemonitor nie en daar is hopeloos te veel mense wat daagliks daar rond swerf. Maklike toegang tot die Wildtuin. Dis omtrent al wat positief is omtrent Marlothpark."
"Ons geniet Marloth wegbreke altyd. Dit is lekker om bietjie in die bos te kan kom waar dit nog veilig is."
"Die paaie is in 'n slegte toestand. Veral die pad teen die wildtuin se draad. Marlothpark het die swak verskoning dat dit Veeartseny se pad is. Ja ons weet dit, maar maak die pad reg. Veeartseny sal te bly wees as julle die pad mooi kan herstel. Maak daai pad reg asb!"
"Belewenis om Marlothpark te besoek vir 'n wegbreek, presies wat mens nodig het om bietjie weg te kom, die vullis by Marloth se ingang is net baie sleg op die oog, en ook met al die werkers is dit nogals "choas" by die 1ste kafee "tjila tyd", andersom is dit beslis 'n "moet-besoek-area"."
"Dis jammer dat Marlothpark so baie besoekers het wat nie daar bly nie. Maak dit baie ongerieflik."
"The road to Marloth was extremely busy with many transport trucks."
"Dit is 'n wonderlike plek, wat 'n lafenis is vir die siel. Die omgewing en diere is 'n wonderlike gesig. Die paaie is bietjie sleg en dit is beter as mens 'n 4x4 het alhoewel ons versigtig met ons gewone motor reggekom het. Die stap langs die rivier is wonderlik sowel as die uitsig oor die rivier."
"Bietjie vreemde woongebied / vakansiegebied met 'n verskeidenheid van wooneenhede, sommige oud en verwaarloos. Die ligging naby die wildtuin maak dit 'n goeie vakansiebestemming."
"Die paaie is amper onrybaar al gebruik jy 'n 4x4. Geen opknapwerk is gedoen vir die laaste 10 jaar toe ons daar was nie. Die ingang na die park stel teleur. Groot groep mense wat doelloos rondsit. Is dit die enigste area waar herwinning gedoen kan word (by die hek)."
"Dis 'n wildsreservaat, maar die mense wat daar bly hanteer dit soos 'n disco-klub. Marloth kort meer reëls en mense wat dit af dwing."
"Perfect location to interact with the wildlife. Loved our morning and afternoon visits from the warthogs."
"Beste plek as jy rus en stilte om jou wil hê. Geen geraas en of enige harde musiek om jou rus te verstoor. Die winkels voorsien alles wat jy nodig het en baie vriendelike mense om jou te help. Die no. 1 plek om jou vakansie te gaan geniet. Bosveld beslis 100%."