Verified Reviews
Marloth Park
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Marloth Park
Rated 4.6 out of 5 based on 1947 reviews.
"As 'n mens nie wildtuin toe wil ry nie is daar baie te sien langs die Olifantsrivier of net om deur die park te ry en die diere te besigtig."
"Great plek. Kinders voel veilig. Op 'n stap- of fietstog kon jy leeus, olifante, seekoeie en baie ander goed sien. Tuis het die sebras en koedoes en vlakvarke ons vermaak. Ongelukkig was die giraffes by 'n ander partytjie."
"Hou baie van Marloth Park, daar is reeds honderde toeriste wat die plek ken en gebruik. Dit is veral 'n goeie vertrekpunt na die Krugerwildtuin toe. "
"Ek stel voor om miskien by die ingang na Marloth Park 'n tipe inligtingsbord op te sit, na wat daar is en al die omliggende besienswaardighede."
"Despite the ever increasing amount of people around, it is a lovely, peaceful bushveld experience without travelling too far. "
"Beter kontrole by die hek, enige iemand kan net ingaan. Dit sal verseker dat daar minder inbrake sal voorkom."
"As ek eendag groot is wil ek ook 'n plekkie in die son hê en dit sal Marloth Park wees."
"Ons het nog altyd in die Krugerwildtuin tuisgegaan, maar Marloth Park is nou ons toekonstige Bosveld-bestemming."
"Ons kan Marloth Park aanbeveel as 'n toeristebestemming. Ligging is fantasties vir 'n dagbesoek aan die Wildtuin, maar ook beslis die moeite werd vir 'n kuier wat die Wildtuin uitsluit. Baie mooi uitkykpunte oor die Krokodilrivier. Besoek aan Leespruit natuurreservaat was effens teleurstellend. Ons het baie min wild gesien. "
"Dit is die plek waar jy wil wees wanneer jy rustigheid en naby die natuuur wil wees."
"Marloth Park is asemrowend, ek het dit terdeë geniet. Definitief 'n familie-bestemming."
"Het naast gelegen Lionspruit Park is eigenlijk niet geschikt voor gewone auto's. De paden zijn erg ruw en het is beter om een hogere auto te hebben. Wegens de droogte zijn er veel dieren verplaatst omdat er niet genoeg eten is voor hen."
"Die park is reg teen die Kruger heining geleë en die Krokodilrivier met sy seekoeie en krokodille kan vandaar af gesien word. Die ingang na die Krugerpark deur die Krokodilrivierhek is ook net om die draai en ideaal om vanaf die suidekant die Kruger te besigtig. Maak net seker dat genoeg muskietafweermiddels ingepak word want die muskiete is nogals lastig na sonsondergang. "
"Lekker omgewing met baie wild. Was lekker om met die fietse te kon ry. Daar kan wel bietjie aandag aan die grondpaaie gegee word. Ek sal weer gaan."
"Ek is gaande oor Marloth Park. Die rustigheid weg van die stadsgejaag is kos vir my siel. "
"Huisies is mooi onderhou en nie op mekaar nie. Die Krokodilrivier loop al langs die park en mense kan vir kms loop of ry en altyd iets by die water sien. Mense is vriendelik en vertel graag wat hulle gesien het en waar."
"Marloth is die beste plek om vakansie te hou."
"The area is well kept and so clean. The houses are quite unobtrusive and blend in with the bush. A path along the fence makes for an easy walk and you get the chance of spotting animals across the river. "