Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 6516 resensies.
"Hermanus is 'n lieflike stil dorp, sommige gebiede meer besig as ander. Ons hou nie van besige winkelsentrums nie, so ons het meer tyd in die dorp spandeer en om al die outydse winkels te sien, is 'n riem onder die hart. Die mense se goedhartigheid en oopheid in die dorp is opvallend."
"As jy regtig rus vir die siel nodig het is Franskraal beslis die plek om te wees. Dit is nog een van die min kusdorpe wat nog nie straatligte het nie en dit vat jou in 'n oogwink weg van die gejaag van die stad. As jy wil vakansie hou en nie lus is vir kos maak nie, is daar 'n hele paar goeie restaurante in die omgewing met die vriendelikheid wat jy amper net by plaasmense kry. Franskraal is beslis een van die lekkerste plekke om rus vir jou siel te gaan soek."
"Onrus is my hart se plek. Daar is geen beter bestemming in die Wes-Kaap nie! "
"Very nice town. The penguin and bird sanctuary was a bit of a let down, it's a rehabilitation place so not many penguins there. Lighthouse is closed weekends, but the pier at the harbour was a nice walk and we got some good fish and prawns at the fish shop down at the harbour. "
"Struisbaai & L'Agulhas is die lekkerste en beste vakansiebestemming in Suid-Afrika. Kom al 46 jaar daar en verruil dit vir niks. "
"The perfect place to go if you do not want to travel more than an hour from Cape Town."
"Dis voorwaar 'n mooi en wonderlike omgewing, dorpie en fasiliteite om te ervaar."
"Jammer vir die brand daar. Hoop alles kom gou reg. Pragtige kusdorp."
"Baie lekker dorp met alles. Besigheidsmense is baie vriendelik en behulpsaam."