Verified Reviews
Prince Albert
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Prince Albert
Rated 4.7 out of 5 based on 1067 reviews.
"Absoluut pragtig met baie goeie toeriste waarde. Restaurante baie goeie keuse van heerlike geregte, en gasvryheid."
"Een van my gunstelingdorpe in SA. Pragtig en skoon. Die teerpad tussen die N1 en Prince Albert is baie goed. Die afdraai is die moeite werd."
"Dit was ons eerste besoek aan Prins Albert. Maar definitief nie die laaste nie. Dis die mooiste dorpie. Lekker snuffelwinkeltjies, interressante mense. En geskiedenis. Daar is te baie om te doen vir een aand. Onthou om jou kuier te beplan vir 'n langnaweek."
"Pragtige dorp met soveel mooi gerestoureerde huise van die 1800s, heerlike eetplekke en kunsgalery met groot verskeidenheid. Dorp word baie mooi instandgehou. Spookstories-staptoer in die aand was hoogtepunt."
"Wonderlike dorp, sal enige tyd weer gaan! So goed onderhou en lyk versorg met liefde!"
"Een van die mooiste Kaapse dorpe, veral met die Swartbergpas in die nabye ongewing en al die besienswaardighede."
"Baie intieme en kreatiewe klein dorpie wat baie het om te bied en die mense is gasvry verby."
"Idilliese klein dorpie met pragtige landskappe en woonhuise. Die kultuur is 'n unike ervaring. Beslis 'n plek om te besoek."
"Het 'n bekende digter op die dorpie ontmoet. Dorp is skoon en die mense is vriendelik."
"Beautiful neat town with character and friendly people, definitely a must-see. Swartberg pass and Meiringspoort is spectacular."
"Hou nie baie van Prins Albert nie, maar die area buite die dorp is vir my fantasies. Mal oor die Karoo."
"Dit is die mooiste-mooi dorpie en ek was mal daaroor! Kan nie wag om terug te gaan nie! Die Swartbergpas was absoluut uitsonderlik en asembenemend mooi! Die 'Lad-die-Dah' en 'African Relish' restaurante is ook uitstaande! Lad-die-dah is op die punt van die dorp - fantastiese kos en baie goed geprys! African Relish is duurder, maar ook uitstaande kos en diens! Ek beveel glad nie die 'Rude Chef' restaurant oorkant die Swartberg Hotel aan nie - dis baie duur vir wat jy kry, die kos was onsmaaklik, diens swak, geen atmosfeer en die wynlys was beperk (wyn was nie lekker nie, en jy mag nie jou eie wyn neem nie). As jy nog nie daar was nie - moet jy die dorpie gaan verken!"