Geverifieerde Resensie
Strand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Strand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 265 resensies.
"Uitstekende bestemming. Jy beleef rustigheid in Strand - maar dis so sentraal dat jy kan uitry na al die mooi plekke rondom Strand, nie meer as 'n uur se ry uit nie! Die sonsondergange is ook asemrowend mooi."
"Goed, nie soos ek dit van vroeër onthou nie, maar watter plekke in SA lyk en is nog soos vroeër? Dit is steeds 'n baie mooi plek en baie sentraal geleë."
"Baie sentraal vir diegene wat 'n bietjie in die Wes-Kaap wil toer, en 'n baie goeie en netjies se strand."
"Wind het die twee dae wat ons daar gebly het vreeslik gewaai en ons kon dit skaars buite waag."
"Dit is een van die netjieste strande in SA ongeag al die konstruksiewerk wat plaasgevind het gedurende ons verblyf. Dit is seker nodig om die strandfront verder op te gradeer."
"Mens vergeet net dat die son laat sak en veral op 'n Sondag sukkel jy om 'n eetplekkie te kry."
"We walked along the beach towards the restaurant close by and not once did we feel unsafe or threatened."
"Dis lekker sentraal en vinnig om by Somerset-Wes uit te kom maar nie so duur soos Somerset-Wes nie."
"Ai, die weer in die Strand is maar sleg en die wind waai gedurig. Aan die positiewe kant - dit is lekker naby aan Kaapstad (40 min) so mens kan maklik Kaap toe ry om besienswaardigehede te gaan besoek. Dit is ook baie naby aan Stellenbosch se wynplase as mens 'n wynproe of middagete op 'n wynplaas wil doen."
"Besoek gerus die Somerset Mall. Die diens is vriendelik die mall netjies, skoon en veilig met a gholfkarretjie vir vervoer indien nodig en baie lekker eetplekke."