Verified Reviews
Strand
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Strand
Rated 4.6 out of 5 based on 265 reviews.
"Ons besoek die Strand normaalweg vir werk en om ons familie te besoek, minder dikwels vir vakansie, nietemin geniet ons dit altyd om daar te wees."
"Ons het 20 jaar hier gebly en het altyd gewonder hoe ons weer hier kan kom permanent bly! Dit is ook goed as jy miskien kinders het en jy kan vir hulle dophou hier van bo af. So ek kan geen slegte kommentaar lewer nie."
"Enigste negatief is die elemente wat na donker in die area rondhang. Minder patrolering van Metro Police as in Bloubergstrand."
"Ons het al vele jare in die Strand gaan vakansie hou. Skoon strand met maklike stappaadjies. Ons verblyf by Cape Surprise het dit meer privaat gegee en maklike toegang tot die strand."
"The roads are in a bad condtion, there is also road works on the R44. Other then that its not bad at all. "
"Ons het slegs familie gaan besoek maar was verbaas oor hoe baie daar te doen was. Lekker restaurante en die strand sommer naby. Die omgewing is nou pragtig nadat die area by die strand opgegradeer is met die looparea. "
"Dis gerieflik naby Kaapstad, maar nie in die gewoel van die stad. Pragtige uitsigte van Valsbaai met die berg om."
"Baie mooi en rustig en tog binne redelike ryafstand vanaf Kaapstad met sy besienswaardighede."
"Ongelukkig het ons by die strand gesien hoe mense gearresteer word vir perlemoen stropery. Daardie nag was daar ook 'n inwoner in die woonstelblok geroof. Dit was so bietjie onstellend. Andersins was die strand pragtig, dalk nie genoeg goeie restaurante nie. Die een restaurant wat oor die see is, was baie teleurstellend. "
"Vir iemand wat dalk 'n stad met baie mense verkies vir vakansie, sal dit seker goed wees. As jy stilte en rus en vrede soek, hierdie plek is baie bedrywig met baie mense en lawaai."
"Dit is sentraal geleë met besienswaardighede wat naby geleë is. Die arbei plaas is 'n aanbeveling."
"Net 'n voorstel oor die eenheid, miskien 'n goeie idee om "window filming" aan die onderste gedeelte van die venters te sit vir meer privaatheid en dit sal die eenheid heelwat koeler maak."