Verified Reviews
Strand
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Strand
Rated 4.6 out of 5 based on 265 reviews.
"Naby aan Kaapstad, Stellenbosch, inkopiesentrums en lieflike restaurante."
"Strand self is baie interessant. Die eetplekke is nie duur nie en al die groot kettingwinkels is binne maklike stapafstand. Die Karoo Kombuis en die Belgian Waffles was ongelukkig al wat ons kon beproef, maar beide kan hoogs aanbeveel word. Ons sal graag in die toekoms as toeriste wil gaan. Mense is deur die bank vriendelik. Die stap langs die strand af so teen sononder was lieflik. Ons is gedurig vriendelik gegroet. Die volgende dag het ons amper weggewaai, wat weer 'n heel ander ondervinding was. Werklike mooi ouer huise maak stap in die strate 'n fees."
"Baie lekker plek om vakansie te hou. Daar moet net minder op/aan die paaie gewerk word, of hulle moet gouer werk want dit kan 'n afname aan besoekers bring."
"Die Strand is 'n wonderlike plek. Alles is stapafstand. Wonderlike restaurante en 'n pretige waterpark vir die kinders. Wonderlike taxidiens (Gordansbaai Taxi's) - bekostigbaar en veilig."
"Die bouwerk en verbeterings aan die seefront in Kusweg is op die oomblik ongerieflik, maar die strand self is altyd skoon en 'n besonderse ervaring."
"Strand is 'n vakansieganger se droom, Dit het lewe (lekker vibe) deur die dag, goeie plekke om snags smaakvolle etes en pret te geniet, maar tereselfdertyd het dit n lekker stil atmosfeer in die nag sodat die wat 'n bietjie wil rus dit met genot dit kan doen."
"Strand sal altyd een van my gunsteling vakansiebestemmings bly. Dit is veilig en 'n mens kan kilometers stap en heerlik swem."
"As jy Strand as 'n basis gebruik om die Wes Kaap te beleef is dit baie ideaal. Nie te ver om elke dag te ry nie. Bekostigbaar met die see as bonus. Egter baie boemelaars beleef wat jou werklik onveilig laat voel as jy op die strand stap in die laatmiddag. Stap op die strand in die aand onmoontlik. "
"Ons het geen negatiewe kommentaar, die area is rustig, pragtig en beslis vakansieganger toegerus."
"Parking that one has to pay for is daylight robbery. Parking should be free."