Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 2513 reviews.
"Britztown is maar soos enige ou klein dorpie, want daar gaan niks aan nie. Dit was nie ons bestemming nie, slegs daar oornag en daarvoor is Britztown oulik."
"Indien die stil, rustige Karoo met mooi landskappe jou ding is, is dit net die plek."
"I wouldn't make this my holiday destination, but it is a good stopover point for travelling long distances."
"Dit was 'n verrassende lekker kuier. Jy moet minstens 2 nagte bly sodat jy genoeg tyd het om alles te besoek, tee of 'n bier te gaan drink en dan by elk van die verskeie restaurante te gaan eet. Voorwaar een van daardie plekke wat ek weer sal gaan kuier."
"Wat 'n wonderlike klein dorpie. Na 'n baie lekker seevakansie stem ons gesin saam dat Nieu-Bethesda die hoogte punt van ons vakansie was. Sal beslis vir langer daar gaan kuier."
"Die dorpie het ‘n finansiële inspuiting nodig, en kan doen met nog toeriste wat oorslaap!"
"Eerste indrukke met die hoofstraat lyk dit goed, maar ongelukkig is daar ander punte wat die dorp in 'n slegte posisie plaas."
"Die plekkie is maar verwaarloos met baie bedelaars wat rondloop. Dit is maar dieselfde as elke ander klein Suid-Afrikaanse dorpie - kan sien die regering skeep erg af en werkloosheid aan die orde van die dag. Ek onthou as kind was dit 'n wonderlike klein dorpie, maar mens sien dit glad nie meer soos jy reis nie."
"Loved this beautiful little Karoo town. Definitely worth a visit and recommend spending a few nights to fully explore the town!"
"Die plaaslewe buite Hanover is 'n moet op elkeen se "bucketlist". Hanover die dorpie self is maar klein en kan mens net die nodige winkels daar kry."
"At the time of our visit (Feb 2022) the town dam was full, the Karoo was very green, locusts were abundant and so were the thousands of falcons feeding on them. At night when they came in to roost it created a magical ambience. "
"Ongelukkig is die dorp maar baie vervalle, dinge word nie in stand gehou nie soos in meeste ander."