Verified Reviews
Waterberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Waterberg
Rated 4.4 out of 5 based on 1634 reviews.
"Grootste plus punt is die afstand tussen Pretoria/Johannesburg en Bela-Bela. Perfek vir 'n vinnige wegbreek al is dit net vir 2 of 3 nagte."
"Dankbaar vir basiese winkels soos Shoprite en Wimpy, wat skoon was en redelik met hul pryse. Die ander besighede/winkels en slaghuise was uiters duur. Vleis is baie duurder as in Pretoria en dit was nie lekker om te sien hoe van die mense in die slaghuise die vleis hanteer nie. Met die terugry na Pretoria op die alternatiewe roete, het ek baie plekke gesien om 'n volgende keer eerder te probeer."
"Baie gerieflik naby geleë en is nie te ver om daarheen te reis vanaf Pretoria nie. Baie netjies en skoon en sekuriteit is baie goed. Het die natuur en stilte baie geniet."
"Dis wel 'n veel kleiner dorpie as Johannesburg, maar daar is egter heel voldoende winkels en selfs die Modi Mall waar mens jou inkopies kan doen en omtrent alles bekom wat jy nodig het. Om op te som sou ek sê dis 'n oulike dorpie met genoegsame geriewe vir toeriste en vakansiegangers."
"Daar is nie veel om te doen in die omgewing nie, behalwe om Die Oog te besoek."
"Toeka se Dae farmstall is one of the best and makes the visit to Bela-Bela a pleasure."
"Baie vakansieoorde in omgewing van Bela-Bela wat sakpas is en naby genoeg is aan groot stede soos Johannesburg en Pretoria."
"Was baie beïndruk hoe groot die dorp was asook die winkelsentrum was 'n plesier om te besoek."
"Bela-Bela moet egter bietjie werk daarvan maak indien 'n mens 'n mediese noodgeval het. Werklik nie op standaard nie."
"Die streek is pragtig en ons was onbewus van die toerisme aktiwiteite. Volgende keer kuier ons langer!"