Verified Reviews
Waterberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Waterberg
Rated 4.4 out of 5 based on 1634 reviews.
"Daar is wonderlike verblyf in die omgewing van Vaalwater beskikbar. Basiese benodigdhede is in die dorp beskikbaar."
"The Forever Resort, is expensive to visit, only allowed to swim for R150.00 per person, any other activities you have to pay for. Had some bad experience with one of the restaurants there, but otherwise we had fun "
"Dorp lyk baie beter as 'n paar jaar gelede. Strate word oorgedoen. Ietwat van 'n probleem om by 'n plek te stop, a.g.v. die padwerke. Indien die paaie klaar oorgedoen is, sal dit die moeite werd wees vir toeriste om daar inkopies te gaan doen. Dorp is baie skoon. Sal definitief die dorp binnekort weer besoek."
"Ons bly maar in Suid-Afrika en is skrikkerig om tot laat buite te braai of om staproetes aan te pak."
"'n Mens kan sien Bela-Bela is net 'n toeristedorp. Maar baie lekker en die mense is vriendelik. "
"Die groter Bela-Bela omgewing met sy verskeie akkommodasie opsies, sal geen Bosveld liefhebber sommer teleurstel nie."
"Bela-Bela is 'n mooi en skoon dorp. Die tuine is kleurvol en die mense baie vriendelik en hulpvaardig."
"Bela-Bela is 'n wonderlike Bosveld dorpie met pragtige sonsopkomste en sonsondergange. Lieflike natuur en diere lewe, veral gedurende somer maande. Kan goed warm word maar daarvoor sorg jy net dat jy in 'n woonplek bespreek met lugversorging. Bela-Bela is 'n gerieflike 1 uur vanaf Pretoria. Mens voel altyd vernuwe en ontspanne wanneer jy eers bietjie Bela-Bela toe was."
"Mooi en vriendelike dorpie. As die padwerke eers klaar is sal dit 'n plesier wees om daar te wees."
"Euphoria Gholfbaan en Spa is 'n moet vir enige besoeker in die area."
"Bela-Bela is toegerus met 'n verskydenheid restaurante om almal se sak te pas, 'n paar verskillende plekke vir kruideniersware koop en 'n straatmark vir dingetjies en datjies. "