Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 6855 reviews.
"Paternoster kan gerus 'n kitsbank of twee aanskaf, en dalk 'n SPAR. Dit sal die in-en-uitry na en van Vredenburg uitskakel. Paternoster is een van my gunstelingvakansieplekke so ek geniet nogal die eenvoudige leefstyl daar."
"Port Owen is nie te ver uit die stad nie, maar tog weg van al die stadsgeraas."
"Die locals roei die kreef uit en die polisie hou hulself blind vir die verkoopsmanne langs die pad! Dit was baie hartseer om te sien hoe openlik hulle met hul sakke vol kreef loop en verkoop, en hoe die polisie ander pad kyk as hul verby hul ry."
"Pragtige skoon dorpie en laat 'n mens dink aan Walvisbaai. Vriendelike mense met die lekkerste en varste seekos. "
"Al ons kampe wat ons hou is basies in Langebaan oor dit so goedkoop is en vriendelike diens lewer. Die plek self is asemrowend!"
"Die kreefsmouse was baie erg. Ons het net gestop by ons verblyf toe staan daar al een agter die kar. Orals waar jy stop by 'n winkel of naby die strand klim hul amper binne in jou kar. Paternoster is ongelooflik mooi met sy pragtige strand en al die mooi wit huisies, maar sal nie op hierdie stadium ooit weer daar slaap nie. Die kreefsmouse maak dit net baie ongemaklik al kom ons van Gauteng af en is gewoond aan bedelaars en smouse. "
"Paternoster is a wonderful weekend getaway. Lots of lovely places to eat and shop. Beaches are gorgeous."
"'n Baie lekker plek om net weg te kom van die stadslawaai. Alles is net perfek soos wat dit is, maar ek sal daarvan hou as die pad tussen Lambertsbaai en Velddrif heetlemal klaar geteer word."
"If tranquillity, good security and friendly people is what you are looking for, then this is the place to be!"
"Pragtige strande, voëleiland, besonders mooi, lekker restaurantjies. Word aanbeveel!"
"Excellent tourism destination for people who love the sea and the beach. It's situated centrally to visit neighbouring interesting villages and places ."
"Doringbaai is the jewel of the West Coast, it is only a pity that the crayfishing no longer takes place there and as a result many of its inhabitants are quite poor. But one gets the impression that this quiet and tranquil West Coast village will see new life once the dirt road that links it with Grafwater, Vredendal and Lamberts Bay is tarred. The entire West Coast will one day see many more holiday makers and this will uplift the communities that call this wonderful coast their home!"
"Ons het die lekkerste Weskusdisse (oesters, kerrievisbredie en wildspastei) geniet by die Square Spoon. Daar is ook baie buitelanders wat die klein dorpie besoek het, dus bespreek vroegtydig. Ons het by 3 ander restaurante aangeklop wat almal vol bespreek was. By die vierde ene was daar gelukkig 'n kansellasie. Verder, herinner die boustyl van al die huise in die dorp mens aan 'n Griekse dorp. Die water is leeukoud. Hier kom eet, drink en ontspan jy. Voete was 10 sekondes in die water, dan begin dit pyn."
"Lieflik om te rus. Lekker fietsrypaadjies. Die strande is lekker om met klein kinders te speel."
"Paternoster is 'n pragtige plek, maar maak net seker in watter deel van die dorp jy bespreek ... jou buurman versteur dalk die rus en vrede met harde musiek; onaardige rookreuke; kuiergaste en geskel en skree waarvoor ek as vakansieganger glad nie lus gehad het nie, maar sal beslis weer teruggaan om dit behoorlik te geniet."
"Dit moet nooit verder ontwikkel nie. Hou van die plek soos dit is. Besoek die plek al die afgelope 21 jaar. Die kaffee kan dalk meer voorraad aanhou. "
"Book your restaurants well in advance or you will not get a table easily, especially in December. Most restaurants are closed over Christmas and New Year."