Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 2064 reviews.
"Marloth Park is fantastic. It has the peacefulness and tranquillity one needs and has the feeling of being in the park."
"Ek was verras dat die winkels so vroeg toemaak. Die vulstasie was gesluit toe ons 17:30 die Sondagmiddag daar opdaag."
"Ons sien dit as 'n ideale plek op pad na die Kruger Wildtuin. "
"Wanneer jy wil ontspan en rustigheid wil beleef dan is hierdie die plek om te wees."
"Ons het lekker gerus, hoef glad nie te gery het nie. Kon heerlik op die stoep sit en die diere geniet."
"Die personeel by die ingang hek het nie hulle werk gedoen met ons aankoms nie en eers 2 dae na die tyd agter gekom ons het nie 'n plakkertjie op die voertuig se ruit nie, moes toe eers inteken en hulle was baie ongeskik dink die personeel moet aangespreek word."
"Dit is 'n goeie selfry wildbesigtigings-aantreklikheid. Dit raak nou net te veel mense en huise is te opmekaar. As mens in die aand buite sit om na die natuur te luister dan hoor jy orals mense gesels. Vir mense soos ons wat ruimte, stilte en natuur gewoond is, raak Marloth Park te besig."
"Pragtige plek. Ons was baie beïndruk met hul slaghuis. Die vleis was van puik gehalte. Sal die Park aanbeveel."
"Die sekuriteit by die hek (krokodilrivier) was nie altyd op datum nie. Sommige dae moes jy inteken, ander dae nie."
"Vir ons familie was dit die lekkerste vakansie."
"Ek gaan gereeld soontoe, maar was erg geskok oor die toestande van die grondpaaie wat eens baie goed was. Ek het met my gewone motor soos altyd daarheen gegaan, maar het my motor lelik beskadig oor die swak toestande van die grondpaaie na uitkykpunte toe en langs die rivier af. Dit was regtig 'n groot afsitpunt. Lionsspruit se eie wildtuin se paaie nog erger. Geen kar kan daar ry behalwe 4x4 voertuie nie. Ek is nie gesê die paaie lyk so sleg en hulle laat jou ingaan net om vinnig om te draai en uit te kom. Dit is baie swak van Marloth Park. "
"Marloth Park was great. The River front on the Kruger Park was amazing. No need to go to Kruger every day as it was much nicer walking along the river seeing the animals than driving in the car all day."
"We were not advised that the electricity was prepaid, so when it ran out at 6:00 on Wednesday morning, we thought it was a general power failure. We were only contacted hours later, whilst in the Kruger Park, that our meter "must just about be running low" and then sent the meter code. In the meantime, there had been no power for the 10 hours we were out."
"Alternatief vir Krugerwildtuin wat aangrensend is. Daar is dagritte na Krugerwildtuin."
"Dis 'n woondorp in die bos. Jy kan op 'n bank langs die rivier sit en uitkyk oor die wildtuin."
"Marlothpark is 'n heerlike oorblyplek vir ontspan en besoeke aan die Wildtuin. "
"Ons is baie lief vir Marloth Park. Heerlike boswegbreek met diere oral. Die grens teen die Kruger Wildtuin sorg altyd vir die een of ander raaksien van diere. Die beskikbare restaurante, supermark, slaghuis en sekuriteit maak dit 'n baie gerieflike, bekostigbare keuse."
"Bly om te sien sekuriteit by die hekke het verbeter, laat mens meer veilig voel."
"Sommige mense in winkels teëgekom wat daar werk ondanks hulle moet en nie omdat hulle wil nie."
"Pragtige plek en omgewing. Sal julle beslis weer wil besoek en, wie weet, dalk 'n aftreeplekkie koop."