Geverifieerde Resensie
Beaufort West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Beaufort West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 1365 resensies.
"Beaufort-Wes is 'n baie mooi Karoodorp. Ek het groot geraak op Beaufort-Wes, so ek sal altyd lief wees vir die dorp."
"Die dorp is baie skoon en netjies nou en baie minder bedelaars in dorp en die pad uit is ook baie netjies. Dit is 'n baie mooi dorp en geboue/wonings baie netjies."
"Beaufort-Wes is 'n oulike plekkie en ons geniet dit altyd om daar deur te ry!"
"Weg uit die stad uit met mense wat nog groet en vriendelik is, wat nog hulle hoed afhaal en respek het, baie lekker om te weet dat daar nog sulke mense is. "
"Weg uit die stad uit met mense wat nog groet en vriendelik is wat nog hulle hoede afhaal en respek het. Baie lekker om te weet dat daar nog sulke mense is."
"Die kwaliteit wat ons daar gevind het, is baie beter as in sekere stede. "
"Was verras oor lekker eetplekke, vriendelike mense en interessante winkels met mooi goedjies."
"Net bedoel vir oornag, maar probeer gerus die 4 Sheep Restaurant, dis die moeite werd!"