Geverifieerde Resensie
Beaufort West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Beaufort West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 1365 resensies.
"Lekker Karoodorpie waar daar altyd gestop word om petrol in te gooi."
"Ons het by Granaat ontbyt geëet en dit was heerlik en baie interessant."
"Beaufort West is a lovely town. Very clean and tidy and there is a vast variety of accommodation that suits everyone."
"Die dorpie is baie besig met al die trokke en verkeer in die hoofstraat wat deur die nag 'n geraas veroorsaak. As jy wil oornag en wil rus beveel ek aan dat jy blyplek soek ver weg van die hoofstraat."
"Die Karoo Park is beslis die hoogtepunt van enige kuier in Beaufort Wes. Die Karoo Deli was ook goeie waarde vir geld."
"Die ou geboue is 'n belewenis en ek beveel die Chris Barnard-museum sterk aan. Die ou kerkgeboue is absoluut pragtig. Baie vriendelike mense en die kos by 4Sheep is absoluut fantasties - hulle lamkerrie is 'n moet."
"Baie oulike dorp. Geniet die eetplekkie 4Sheep - hulle kos is heerlik."
"Beaufort-Wes self is nie 'n baie skoon dorp nie. Ek glo wel die omliggende plekke behoort die moeite werd te wees om te besoek."
"Pragtige dorp! Fantastiese eetplek by Karushi - bekostigbaar, wye verskeidenheid (ook vir vegetariërs) en baie smaakvol voorberei."
"Die deli se kos en diens is uitstekend ... plattelandse gasvryheid bestaan nog! Selfs die diens by die vulstasie is met 'n glimlag gelewer!"
"Ons het slegs oorgeslaap op pad na ons vakansiebestemming by die see. Die dorpie is baie netjies en skoon en die geboue skep so 'n "kom kuier weer"-gevoel by 'n mens."
"Nie 'n toeristebestemming nie, behalwe vir die Karoo Nasionale Park waarvoor ons nie tyd gehad het nie."
"The Shed Farmstall en Lucern Lodge is sowat 26 km buite Beaufort-Wes, maar die dorpie self is 'n belewenis."
"It looked quite pretty, but we didn't spend much time there as we were travelling to Cape Town. I'm sure it deserves a better look!"
"Mooi plek, maar nie baie beïndruk nie. Het seker maar te vinnig daar deur gereis. "