Geverifieerde Resensie
Bloemfontein
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bloemfontein bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 1512 resensies.
"Ek kom van Vanderkloof en ek dink Bloem is die beste stad. Goeie doktors, goeie hospitale, lekker winkels en verblyf met die beste restaurante."
"Was daar vir die skou, skou toe nie wat ons gehoop het nie, maar aanvaarbaar. Bloem is 'n great bestemming."
"Dit is 'n pragtige stad en voel veilig. Alles voel baie na aan mekaar en hoef nie ver te ry nie. Eetplekke en inkopiegeriewe is baie aangenaam en billik."
"We attended the Bloemfontein Agricultural Show, over-promised but poor on delivery. Avoid takeout: quality of food was disappointing."
"Ons vind Bloemfontein het al die besighede wat benodig word en almal is maklik bereikbaar en dis ook sentraal geleë. Vriendelike en behulpsame diens oral."
"Die Nasionale Vrouemonument is 'n belewenis. Maak seker jy het 2-3 ure om dit regtig te waardeer."
"Die verval van Bloem in sommige dele is tragies. Die ligpunt was die Vrouemonument en Oorlogmuseum wat uitmuntend was en behoorlik onderhou word."
"It was great. However, no Uber services and Bolt was always not available when needed. I enjoyed being up on Naval Hill however the Kings Park Rose Park was not what the pictures said it looked like."
"Dis 'n pragtige plek met vriendelike mense, beste eetplekke, goeie diens oral waar ons was. Sal enige tyd weer terugkom."
"Unfortunately, the ANC has destroyed what used to be the most beautiful and well-maintained city/town in the Freestate. This city is becoming a ghost town as more and more people are leaving Bloemfontein for the Western Province. It reflects all the city centers under ANC control, dirt and grime and crime!"
"Ek ken sy toeriste-aantreklikhede en hulle is veel. Die Vrouemonument moet nie gemis word nie. Ongelukkig is enige Munisipaliteit waar beheer in die hande van die ANC is, 'n slegte munisipaliteit."
"Ek beskou Bloemfontein as 'n oorslaapplek na waar heen ek op pad is. So my kommentaar is dalk nie van toepassing nie. Ek reis om familie te sien, of so ver weg as moontlik van die samelewing te kom."
"Strate raak vuil en onversorg. Hope rommel op sypaadjies. Omgewing waar die gastehuis geleë is, is skoon en netjies."