Geverifieerde Resensie
Bloemfontein
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bloemfontein bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 1512 resensies.
"Bloemfontein is a hub of both student and business locations. There is always something to do or see."
"There are not many Halaal places to eat from. We did some scouting and found Mochacho's and Zaika tandoori in Preller Square. Was delish. Also a Burger King within walking distance from our guest house."
"Slegs daar oornag. Die hamburgers wat ons daar gekoop het, was smaaklik en die diens van die wegneemplekkie was puik en vriendelik."
"Bloemfontein was in die verlede een van die mooiste dorpe/stede, maar paaie en algemene agteruitgang skok. "
"Bloemfontein is 'n goeie bestemming, maar daar is plekke soos die middestad wat liewers vermy moet word, want dit is verwaarloos en infrastruktuur word nie in stand gehou nie. Voorstede is baie netjies en die pad se uitleg is maklik."
"Stad het baie agteruit gegaan die laaste klompie jare. Strate vol "potholes" en baie vuil."
"Drie sterre is al klaar bietjie te veel. Die stad kom meer vervalle voor as ander groot stede, alhoewel ek moet sê dit het beter voorgekom as met ons vorige besoek."
"Ek hou baie van Bloemfontein. Die middestad is net bietjie verwaarloos, maar so is alle middestede van die land."
"Ons geniet dit om in Bloemfontein te kuier. Heerlike plattelandse gevoel, maar met alles wat jy nodig het."