Geverifieerde Resensie
Upper Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Upper Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 2513 resensies.
"Kleindorpie gevoel en weg van die stad se gejaagdheid. Vriendelike en rustige mense."
"Die dorp is besig om 'n hernuwing te beleef, pragtige ou geboue, huise en die mooiste kerk. Dit is 'n ware Karoo juweel, maar redelik onbekend."
"Een van my gunsteling dorpies om te besoek en met oulike restourante en heerlike kos!"
"Ons was op pad na Sutherland en plaaslike mense het ons aanbeveel om via Matjiesfontein om te ry. Ons was aangenaam verras. Dis 'n pragtige pad en Matjiesfontein is 'n fees."
"Nie te ver vind jy die dorpie Nieu Bethesda, waar jy besef hier is waar jy eintlik hoort! "
"Britstown self is nou nie vir my 'n toeristebestemming nie, maar Sweetfontein wel."
"Tipiese, hedendaagse plattelanse dorpie met vuil strate vol slaggate en bedelaars voor winkels. Geen behoorlike restaurante nie. "
"Britstown is 'n tipiese Karoodorpie met weinig om te doen, maar die vriendelikheid van die mense maak op vir die gebrek aan doendinge. Praat met die mense oor die dorp en hulle is entoesiasties oor hulle en hul dorp se geskiedenis."
"Hulle moet hulle ou geboue net so behou en niks moderniseer nie. Dit gee karakter aan die rustige Karoodorp."
"Food and drinks could be a problem as it is difficult to find open venues midweek (we visited out of season). "
"Nieu-Bethesda is a quirky little town off the tourist track. It is full of arty nooks and off-beat people. A true Karoo "dorpie" - well worth a visit for those who love peace, quiet and unspoiled scenery."