Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 2513 reviews.
"Nieu-Bethesda is een van daardie plekke op jou "bucketlist". Gaan verken die omgewing, koop 'n uil, drink 'n draught en eet 'n skaaptjoppie. Dis 'n klein stukkie hemel so tussen al stof deur!"
"Meer vermaak moet gereël word. Die eetplek en die winkels moet bietjie opgeknap word, want dit is bietjie outyds."
"Fantastiese wegbreek van die stadslewe. Wonderlike natuurskoon. Baie om te doen. Fantastiese kos. Vriendelike mense. Baie veilig. Ons kon laat in die aand met ons honde gaan stap sonder om oor ons skouer te loer. Dit kan ons nie in Pretoria doen nie. Die leivoor is op plekke baie diep en onbedek. Ons hond het een aand laat vir 'n bakkie en sleepwaentjie (van Gauteng!) geskrik wat vinnig om die draai gekom het en het toe in die leivoor geval. Die voor is meer as 6 voet diep. Die polisie was ongelooflik vinnig op die toneel om te help. Miskien sal dit veiliger wees indien die leivoor bedek word waar dit so diep is."
"Dis 'n 'moet stop' vir enige persoon wat van kreatiewe energie hou in 'n omgewing waar tyd nog bietjie stil staan. "
"Vanderkloof is 'n versteekte juweel. Die moeite werd om die kort stukkie ompad te ry op die roete vanaf Johannesburg na Kaapstad. Sal volgende keer 'n ekstra dag toelaat om te verken. "
"Ons is baie lief vir die Karoo en Victoria-Wes is 'n pragtige skoon dorp. "
"Daar is 'n sekere bekoring aan die dorpie wat dit een van my gunsteling oornagplekke maak wanneer ek Kaap toe reis."
"Die dorpie, soos baie ander in Suid-Afrika, is baie verwaarloos, maar daar is baie potensiaal."
"Wonderlike dorpie! Nog altyd net verby gejaag op pad see toe en gesê: "Eendag sal ons indraai..." Dit was uit-en-uit die moeite werd! Uilhuis is uiters interresant en fassinerend. Die fossieltoer was 'n "bucket-list"-ervaring! "
"A quaint village that is lost in time. Inhabited by the most friendly people. The Owl House is a wonder to behold and even more amazing on learning about Helen Martins and her life. The tranquillity of the town would make a good relaxing weekend."
"Ons was mal oor die dorpie, maar wens daar was nog 'n eetplek wat aandete voorsien."
"'n Toeristebestemming sal beslis 'n pluspunt wees. Ons wat van die Vrystaat af kom soek soms 'n oorslaap plek veral as ons saam met bejaardes reis. Hierdie is die ideale plek."