Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Upper Karoo

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Upper Karoo bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 2513 resensies.

Hopetown, Bo-Karoo

Karee Guesthouse

"Hopetown sal ons beslis weer sien!"

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

The Ibis Lounge

"Nieu-Bethesda is een van daardie plekke op jou "bucketlist". Gaan verken die omgewing, koop 'n uil, drink 'n draught en eet 'n skaaptjoppie. Dis 'n klein stukkie hemel so tussen al stof deur!"

Vanderkloof, Bo-Karoo

Rhino Manor

"Meer vermaak moet gereël word. Die eetplek en die winkels moet bietjie opgeknap word, want dit is bietjie outyds."

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

Elke's Guesthouse

"Fantastiese wegbreek van die stadslewe. Wonderlike natuurskoon. Baie om te doen. Fantastiese kos. Vriendelike mense. Baie veilig. Ons kon laat in die aand met ons honde gaan stap sonder om oor ons skouer te loer. Dit kan ons nie in Pretoria doen nie. Die leivoor is op plekke baie diep en onbedek. Ons hond het een aand laat vir 'n bakkie en sleepwaentjie (van Gauteng!) geskrik wat vinnig om die draai gekom het en het toe in die leivoor geval. Die voor is meer as 6 voet diep. Die polisie was ongelooflik vinnig op die toneel om te help. Miskien sal dit veiliger wees indien die leivoor bedek word waar dit so diep is."

Hopetown, Bo-Karoo

Karoo Inn

"Gerieflik geleë tussen Pretoria en Kaapstad."

Britstown, Bo-Karoo

Transkaroo Country Lodge

"Halfpad tussen Sedgefield en Potchefstroom. Ideaal geleë."

Vanderkloof, Bo-Karoo

Rhino Manor

"Interresante oornagpunt tussen die Kaap en Gauteng."

Victoria-Wes, Bo-Karoo

Kingwill's Guest House

"Mooi dorpie in die hartjie van die Karoo. "

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

The Ibis Lounge

"Dis 'n 'moet stop' vir enige persoon wat van kreatiewe energie hou in 'n omgewing waar tyd nog bietjie stil staan. "

Vanderkloof, Bo-Karoo

Rhino Manor

"Vanderkloof is 'n versteekte juweel. Die moeite werd om die kort stukkie ompad te ry op die roete vanaf Johannesburg na Kaapstad. Sal volgende keer 'n ekstra dag toelaat om te verken. "

Drie Susters, Bo-Karoo

Travalia Guest Farm

"Kan dalk uitbrei, want die plekke is al 'n jaar voor die tyd vol bespreek."

Victoria-Wes, Bo-Karoo

Marseilles Farm Guest House

"Ons is baie lief vir die Karoo en Victoria-Wes is 'n pragtige skoon dorp. "

Victoria-Wes, Bo-Karoo

De Oude Pastorie Gastehuis

"Daar is 'n sekere bekoring aan die dorpie wat dit een van my gunsteling oornagplekke maak wanneer ek Kaap toe reis."

Murraysburg, Bo-Karoo

Freek's Cottage Farm Stay

"Die dorpie, soos baie ander in Suid-Afrika, is baie verwaarloos, maar daar is baie potensiaal."

Victoria-Wes, Bo-Karoo

Marseilles Farm Guest House

"Klein, lieflike dorpie. Het die Karoo Deli besoek - pragtige plekkie."

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

Owlhouse Backpackers

"Wonderlike dorpie! Nog altyd net verby gejaag op pad see toe en gesê: "Eendag sal ons indraai..." Dit was uit-en-uit die moeite werd! Uilhuis is uiters interresant en fassinerend. Die fossieltoer was 'n "bucket-list"-ervaring! "

Vanderkloof, Bo-Karoo

Rhino Manor

"Rustig en kalm tog baie interessant. "

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

The Water Tower

"A quaint village that is lost in time. Inhabited by the most friendly people. The Owl House is a wonder to behold and even more amazing on learning about Helen Martins and her life. The tranquillity of the town would make a good relaxing weekend."

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

Doornberg Guest Farm

"Go and experience the fossils as well! Very interesting and great guide."

Drie Susters, Bo-Karoo

Travalia Guest Farm

"Ek moet sê die wind waai altyd daar en is 'n heerlike lafenis."

Bo-Karoo

Jasfontein Farm Self-catering

"Mense kan gerus aangemoedig word om daarlangs te ry. "

Victoria-Wes, Bo-Karoo

De Oude Pastorie Gastehuis

"Ons was mal oor die dorpie, maar wens daar was nog 'n eetplek wat aandete voorsien."

Drie Susters, Bo-Karoo

Travalia Guest Farm

"'n Toeristebestemming sal beslis 'n pluspunt wees. Ons wat van die Vrystaat af kom soek soms 'n oorslaap plek veral as ons saam met bejaardes reis. Hierdie is die ideale plek."

Murraysburg, Bo-Karoo

Joalani Gastehuis

"Het laat aangekom en vroeg vertrek, glad nie besigtig nie."

Blad
Blad 75 - Wys 2221 tot 2250
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang