Verified Reviews
Boland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Boland
Rated 4.6 out of 5 based on 3550 reviews.
"Franschoek word deur baie "locals" onderskat - doen jouself 'n guns en gaan verken die dele wat nie "headlines" maak nie maar fokus op die kleiner intieme dele van Franschhoek."
"Dus 'n lieflike dorp vol vriendelike mense vanaf die verkeerskonstabel tot by die dorp se winkeleienaars. Die kerkklok was 'n belewenis vir my kinders en ons kan hulle terugbring in die geskiedenis. Asemroewende plek. As ons eendag wanneer ons groot is die lotto wen, dan sal ons hier 'n plek kom koop om af te tree."
"Alryd iets nuuts om na te gaan kyk. Wynplase is so te sê in die dorpsgebied. Baie historiese geboue en baie netjiese dorp."
"Paarl is 'n juweel van 'n dorp. Hulle historiese geboue is goed versorg. Karaktervolle dorp."
"I always go to Paarl to cycle. The roads around the Boland are fabulous. I have also visited local wine estates and this is always a pleasant way to spend time. Maybe one day I'll see what else Paarl has to offer."
"Wat 'n aangename verrassing, daar is so baie in en om Tulbagh te doen, veral die wynproe by Saronsberg en Montpieller is uit en uit die moeite werd. En daar is die aangenaamste klein Gin Tasting Room by Vindoux, 'n ervaring op sy eie. Die omliggende dorpies is naby genoeg om byvoorbeeld te gaan Zipline in Ceres. Was vir seker die moeite werd vir 'n naweek se wegbreek."
"Nice - but it is ultimately a student town. Parking is a huge issue. Close to wine farms etc. which is great for international tourists."
"Een van die heel beste naweke ooit, so rustig, ons kon heerlik ontspan. Die plek is so mooi en silwerskoon en alles in die cabin is net die beste."