Verified Reviews
Boland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Boland
Rated 4.6 out of 5 based on 3555 reviews.
"Stellenbosch se berge, bome en netheid is pragtig Die gebrek aan parkering en erge vervoerknope is 'n kopseer. Ons het Woordfees baie geniet en die pendeldiens was uitstekend!"
"Pragtige omgewing, met heelwat om te doen. Dit is naby al die mooiste Bolandse dorpe, maar die rustige atmosfeer maak dit 'n rustiger oornagplek."
"Definief 'n uitstekende basis van waar jy die hele asemrowende Slanghoekvallei kan verken!"
"As toeristebestemming word hierdie dorpie hopeloos onderskat. Vermy die hoofdorp op 'n Saterdagoggend en besoek die wynplase vir rustigheid. Sondag is die ideale dag om Kerkstraat te verken, op jou eie of as deel van 'n begeleide toer."
"Tulbagh is 'n besonderse mooi bestemming met die pragtigste uitsigte en vriendelikste mense!"
"Dis 'n baie stil en vriendelike dorpie. As jy lus is vir wegbreek en net ontspan, is dit die area waarheen jy moet gaan. "
"Ek dink na die bouwerke by voltooi gaan wees, gaan Strand definitief een van Kaapstad se "go to" plekke word."
"Pragtig! Die middedorp is baie besig. Lekker en interessante eetplekke. Verkeer kan 'n kopseer wees. Te veel bedelaars. Baie min parkering. Definitief 'n moet om te besoek!"
"Uitstekende bestemming. Jy beleef rustigheid in Strand - maar dis so sentraal dat jy kan uitry na al die mooi plekke rondom Strand, nie meer as 'n uur se ry uit nie! Die sonsondergange is ook asemrowend mooi."