Geverifieerde Resensie
Sarah Baartman District
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sarah Baartman District bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 3591 resensies.
Greater Addo, Sarah Baartman-distrik
Avoca River Cabins"Die Olifantpark maak die area en dit moet besoek word."
Humewood, Sarah Baartman-distrik
Aqua Marine Guest House"The place to be for a peaceful holiday destination."
Jeffreysbaai, Sarah Baartman-distrik
Aquarius B&B"Vir 'n eerste besoek, sal ek definitief weer gaan. Daar is steeds dieselfde atmosfeer wat die blommekinders van weleer aangegryp het. Ek kan verstaan hoekom hulle na so 'n stukkie paradys in ons land sou ontglip het. "
Port Alfred, Sarah Baartman-distrik
Sheilan House"Beautiful town with a lot of outdoor activities. Adrenalin sea cruise is a must! "
Oesterbaai, Sarah Baartman-distrik
Oyster Bay Inn"Die groot sandduine is 'n belewenis en die kinders kan daar baljaar met 'n glyplank. Lieflike omgewing."
Kirkwood, Sarah Baartman-distrik
Kronenhoff"Kirkwood self was op die oggend van 24ste Desember bitter vuil met papier en vullis wat oral langs die strate gelê het. Die "dorpsvaders" kan maar gerus die saak oplos! Daar is heelwat winkels en banke wat 'n mens sou wou sien. Die petroljoggies by die Engen-vulstasie was verskriklik vriendelik en baie akkuraat. Die Spar is egter heelwat duurder as waaraan ons gewoond is by ander Spar-takke. "
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik
The Ibis Lounge"Nieu-Bethesda is een van daardie plekke op jou "bucketlist". Gaan verken die omgewing, koop 'n uil, drink 'n draught en eet 'n skaaptjoppie. Dis 'n klein stukkie hemel so tussen al stof deur!"
Aberdeen, Sarah Baartman-distrik
Aberdeen Self-Catering"Aberdeen het ons lekker verras. Dit is 'n mooi skoon dorpie met die mooiste kerk in die middel van die dorp. Die mense is vriendelik en het ons sommer gou tuis laat voel. Ek sal beslis terugkeer om meer van Aberdeen te verken."
Somerstrand, Sarah Baartman-distrik
Hobie Beach Guest House"Heerlik naby die see met klomp lekker dinge om te doen. Binne loopafstand vanaf goeie restaurante en eetplekke. Baie veilige en skoon strand."
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik
Elke's Guesthouse"Fantastiese wegbreek van die stadslewe. Wonderlike natuurskoon. Baie om te doen. Fantastiese kos. Vriendelike mense. Baie veilig. Ons kon laat in die aand met ons honde gaan stap sonder om oor ons skouer te loer. Dit kan ons nie in Pretoria doen nie. Die leivoor is op plekke baie diep en onbedek. Ons hond het een aand laat vir 'n bakkie en sleepwaentjie (van Gauteng!) geskrik wat vinnig om die draai gekom het en het toe in die leivoor geval. Die voor is meer as 6 voet diep. Die polisie was ongelooflik vinnig op die toneel om te help. Miskien sal dit veiliger wees indien die leivoor bedek word waar dit so diep is."
Jeffreysbaai, Sarah Baartman-distrik
Houtgerus"Jeffreysbaai is wonderlik ... lieflike swemstrand en ideaal vir lang stappe op die strand. "
Ferreira Town, Sarah Baartman-distrik
Waterkant 4A and 4B { 2} Separate Unites"Jeffreysbaai het al my verwagtinge oortref. Die swemstrand was skoon en die restaurante heerlik. Perdry by Papiesfontein was goed."
Makhanda (Grahamstad), Sarah Baartman-distrik
Jenny's Guest House"'n Juweel met baie interessante besienswaardigehede wat 'n opvolgbesoek regverdig."
Bluewater Bay, Sarah Baartman-distrik
84 on Himeville"Bluewater Bay is 'n rustige area omtrent 15 kilometer vanaf sentraal PE. Dit het ons goed gepas aangesien PE baie besig kan raak in die vakansietyd en ons in die aande uit die gewoel na 'n rustige, stil area kon terugkeer. Die strand is naby die woning geleë en het lewensredders en ablusies. "
Patensie, Sarah Baartman-distrik
Ripple Hill Hotel"Die omgewing rondom die dorp is asemrowend mooi en interessant, maar die straat in die middedorp waar die hotel en kitsbanke geleë is hou geen bekoring in nie. Ek kan nie sien dat hierdie deel van die dorp enige aantrekking vir toeriste sal hê nie. "
Gqeberha (Port Elizabeth), Sarah Baartman-distrik
Daliz Guest House & Self-catering"I gave it a 3 star for a reason. We encountered quite a bit of rubble and illegal dumping in a few areas and en route to some venues which needs to be addressed in order to bring back that pride and welcoming feeling to visitors. Other than that it is a stunning place to visit."
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik
The Ibis Lounge"Dis 'n 'moet stop' vir enige persoon wat van kreatiewe energie hou in 'n omgewing waar tyd nog bietjie stil staan. "
Aberdeen, Sarah Baartman-distrik
Pagel House B&B"I think Aberdeen has great potential as a tourist destination."
Aberdeen, Sarah Baartman-distrik
Pagel House B&B"Aberdeen is nader aan die Suidkus en jy sal binne 3 tot 4 ure by die see wees!"
Paradise Beach, Sarah Baartman-distrik
Marine Paradise Guest House"The beach is beautiful and amazing. It can only be enjoyed in the morning/early afternoon since by 16:00 the weather becomes icy cold and the wind bites into your skin. Beautiful and unforgettable beach. I would like to visit again."
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik
Owlhouse Backpackers"Wonderlike dorpie! Nog altyd net verby gejaag op pad see toe en gesê: "Eendag sal ons indraai..." Dit was uit-en-uit die moeite werd! Uilhuis is uiters interresant en fassinerend. Die fossieltoer was 'n "bucket-list"-ervaring! "
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik
The Water Tower"A quaint village that is lost in time. Inhabited by the most friendly people. The Owl House is a wonder to behold and even more amazing on learning about Helen Martins and her life. The tranquillity of the town would make a good relaxing weekend."
Walmer, Sarah Baartman-distrik
Masinga Apartment"Safe and friendly suburb, with lots of restaurants and a big shopping mall. "