Verified Reviews
Clarens
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Clarens
Rated 4.7 out of 5 based on 3057 reviews.
"Ons sal definitief weer Clarens toe gaan. Die atmosfeer was vrolik en gasvry."
"Heerlike omgewing om van die gejaag van elke dag af weg te kom. Baie dinge om te doen vir dié wat nie net wil rus nie."
"'n Stukkie van die Vrystaat wat jou laat verlang sodra jy by die dorp uit ry. Dis seker een van die mooiste dorpies ooit! Kan maklik jou hart daar verloor."
"Almal moet Clarens besoek, dis beslis die moeite werd. Dit is baie naby Lesotho en 'n mens kan vir die dag deurry Afriski toe. Clarens self het soveel om aan te bied vir die mense wat daar wil huiskoop. Soveel plekkies waar 'n mens kan eet en heerlike "craft"-bier, "ciders" en sappe geniet."
"Mens voel net lus om terug te sit en te kuier. Ek was al baie daar en sal verseker teruggaan!"
"Vir die reisiger wat kuns waardeer en daarvan hou om uit te eet. Vir die wat van avontuur hou en die buitelewe waardeer is daar ook geleenthede. "
"Baie oulike en "quaint" dorpie met die heerlikste hoekies en eetplekke. Oorvloed kuns en karakter."
"Dit is 'n pragtige dorp met baie om te doen, veral as jy 'n kunsliefhebber is. Die berge is ongelooflik. "
"Dis pragtig, baie om te doen, lekker eetplekke, ontspannend, veilige omgewing, die mense is vriendelik, genoeg plekkies vir die vrou om te shop en heelwat dinge vir die manne. Ek gaan verseker so gou moontlik terug."
"Vriendelike omgewing, beslis familie- en dierevriendelik. Fantastiese diens gehad by Highlander vir etes en al die klein winkeltjies en kunsgalerye was vriendelik. Sal beslis weer gaan. Mooi skoon dorp."