Geverifieerde Resensie
Clarens
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Clarens bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 3057 resensies.
"Pragtige area om te besoek. Veilig en skoon. Pragtige winkeltjies en eetplekkies. Ons het dit baie geniet. "
"Dit is waarlik 'n besonderse juweel in ons land. Een van my gunsteling vakansiedorpe."
"Soos enige toeristebestemming is die winkels baie duur. Maak seker jy vat baie geld saam, want alles is mooi! Daar is net nie veel vir die kinders om te doen nie, so ek dink nie dis 'n plek wat kinders sal geniet nie. Maar oor die algemeen het ek en my man elke oomblik daar geniet."
"Dit is 'n kosfundi en kunsliefhebber se ideale dorpie en vir die wat iets rustig en warm soek."
"Beautiful surroundings, lovely shops and restaurants were also great. Lovely weekend away!"
"Baie plekkies om te besoek en te geniet. Veral die bierproe en drink by die brouery was lekker."
"Lekker dorpie, heerlike en rustige atmosfeer. Heerlike restaurante, uitstekende gholfbaan en baie besienswaardighede."
"Lovely quaint town. Lots of art stores and good shopping. Be aware that many places including grocers take cash only. Good eating places. Very accessible for day trips. Lots of activities to do in the area."
"Lekker toeristedorpie met genoeg winkels, galerye, restaurante en natuurskoon om van te kies."
"Ons was net buite die dorp waarvoor ons baie dankbaar was. Clarens se dorp self is baie besig. "
"A friendly cosy little town, with lots of ease and tough outdoor activities. A good choice of restaurants and many interesting shops and art galleries. "
"Wonderlike restaurante, klein winkeltjies en kunsgalerye, asook mooi staproetes wat 'n bietjie beter geadverteer kan word."
"Dit is n pragtige en rustige dorp met voldoende aktiwiteite. Selfs vir die jonger geslag, wat ons aan enigiemand kan aanbeveel."
"Clarens is 'n rustige dorpie met pragtige berge reg rondom. Winkels en eetplekke maak baie vroeg toe. Daar is baie aktiwiteite in die omgewing om aan deel te neem."
"Clarens is 'n goeie sentrale punt om baie van die Oos-Vrystaat te sien. Dit is regtig 'n baie mooi omgewing en natuurskoon. Die mense is vriendelik alhoewel ek dink dat Clarens baie meer potesiaal het as wat die sakegemeenskap daarvan maak. Ons geniet dit om Clarens te besoek."
"Ons het Clarens in Desember 2016 besoek en die omgewing was lieflik groen en beeldskoon. Dis 'n absolute moet vir natuurliefhebbers. Die dorpie bied ongelukkig nie 'n groot verskeidenheid winkels wat kruideniersware verkoop nie, so bring maar saam wat jy nodig het (veral oor die piek Desember tydperk). 'n Besoek aan die Golden Gate Nasionale Park is natuurlik ook 'n moet as 'n mens 'n paar dae in Clarens is. "